Baie dankie aan al die lede wat my in die groep verwelkom en sommer ook dadelik laat tuisvoel het.  Dit is regtig aangenaam om deel van so 'n vriendelike en hulpvaardige groep uit te maak.  In die besonder baie dankie aan Elna Geringer wat my uitgenooi het, daar bestaan mos amper nie meer sulke mense nie, so ek is baie geëerd.

Ek sal weldra meer gekonfyt wees om dadelik op 'n op- of aanmerking te antwoord.

Ons het in die sewentigerjare in die Krugerwildtuin gewoon en as ek toe 'n digitale kamera kon hé, sou ek baie mooi foto's kon plaas.  Ons het in die middel tagtigs na Brits verhuis en ek woon nogsteeds na my man se afsterwe hier.  Die meeste foto's wat ek sal plaas sal hierop ons hoewe afgeneem wees.

Views: 32

Reply to This

Replies to This Discussion

Jy is soooooo welkom Linda en ek is baie bly jy het na my gekerm geluister. Soos ek reeds vir jou vertel het, is FS 'n plek waar ons by mekaar leer en veral by hulle wat baie meer ervaring het. Hierdie klas is soos 'n pakkie All Sorts lekkers......daar is iets van alles en ons leer daarvan

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html