Goeie môre,

Hierdie frustrasie moet vanoggend in woorde omgesit word, want ek sien ongelukkig nie verder kans om so te sukkel nie, ek staan vroeg op om FS te besoek en dit wat gedoen moet word af te handel, sodat ek met die res van die dag kan aangaan. Ek verstaan nie dat die WW die een oomblik werk en die volgende wil dit nie funksioneer nie. Igno kan dit nie asb nou vir eens en vir altyd regestel word, sodat dit behoorlik kan funksioneer nie? As dit vorentoe die tendens gaan wees is ek bevrees, sal ek maar ñ ander tuiste moet gaan soek!! Jammer maar dit is presies hoe ek daaroor voel. Geniet die dag. Willie.  

Views: 34

Reply to This

Replies to This Discussion

Hallo Willie, jy het seker my notas gevolg van gister?

Ek maak nou wel my foto's kleiner;  veral my Sperrgebiet-landskappe is baie groot - nou laai my foto's af van gister en vandag.

Moet asseblief tog nie ons klas verlaat nie, ons het jou nodig - ek leer so baie by jou.

Groete, Tina

Danie Tina, ek kan nie my foto's kleiner maak nie, dan gaan julle sukkel om dit te sien, Vanoggend kon ek gladnie FS se WW oopgemaak kry nie en die boodskap was dat die blad gladnie gevind kan word nie en dat dit FS se server is wat nie funksioneer nie, Ek het regtig alles probeer. Nou het dit oopgemaak en ek het my foto gelaai. Lyk my die probleem is vroeg oggend. Mooi bly!

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html