Maters, is daar nog van julle wat agtergekom het dat die "options" blokkie soms weg is en dat fotos nie kan verwyder word en/of om beskrywings reg te maak nie?

Tina sukkel al geruime tyd daarmee en gister het ek dit ook ervaar by my en Huey se fotos. Ek het ook gister met Igno gepraat en hy het dit ook gesien as hy Chrome og Explorer gebruik om 'n foto te laai. As hy Mozilla Firefox gebruik, is die "options" blokkie weer waar dit hoort. Die probleem met Mozilla is dat dit FS se webblad blok by my en ek kan nie daar inteken nie

Vanoggend kon ek nou weer in "options" ingaan

Laat weet asb as julle dit ook ervaar? Igno probeer agterkom of dit 'n program probleem is aldan nie

Tina, sal jy skryf wat jy nou al gedoen het om die probleem te probeer oplos sodat Igno dit hier kan lees 'seblief?

Dankie vir julle samewerking

Groete

Views: 71

Reply to This

Replies to This Discussion

Hi Elna, myne is in alle opsigte 100%. Ek het op ñ stadium ñ probleem gehad om ñ addisionele foto onder op te laai, maar dit is ook nou reg. Ek gebruik Chrome. Vertrou dat dit vir julle onthalwe sal regkom. 

Dankie Willie, ek het vergeet om te noem van die 2de foto laai. Ek weet Tina sukkel ook daarmee

Elna, ek maak gebruik van Chrome en het nie een van die probleme wat Tina ondervind nie

Elna op hierdie stadium kan ek op internet explorer inteken, ek kry weer die opsie om veranderings te kan maak en ek kry ook by die kommentaar-blokkie weer die ikone.

Ek wil nou probeer om heeltemal af te gaan van Google Chrome.

Geen probleem aan die kant nie - 

Ook geen probs van my Kant af nie.

Elna, ek werk nou op Internet Explorer en al die funksies is weer beskikbaar.

Baie bly!!!

Elna, ek het gister te gou gepraat;  van vanoggend af kan ek net 'n foto aflaai;  'options' is nie beskikbaar nie en ek kan ook nie 'n 2de foto aflaai nie.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html