Hierdie artikel het nie baie te doen met fotografie nie maar wil dit graag deel want sommige dinge raak verlore met tyd. My oorlede oupa het die vir my gewys terwyl hy kamplyne gebou het. Hy het biesies gebruik maar gras en tou werk ook goed.

Vat n klompie lang gras halms(tou) so +/_ 12  of meer en bind almal op die bopunt vas .

Van onder die bindplek rangskik die gras dat dit langs mekaar le. Vat die heel links gras en bring dit regvoor verby al die gras sodat dit 90 grade vorm met die ander wat hang. Vat nou die regterkantste gras halm en le dit voor oor die een wat dwars staan. Vat vou die volgende grashalm links en bring dit styf teen die een wat eerste regs gevat is na regs. vat nou die eerste dwars grashalm en plaas dit oor die 2de en vou dit saam met die wat hang.

Gaan so voort met die 3de, 4de ens. Die eind-produk lyk soos n kudu horing.

Hoop dit is verstaanbaar.

 

Views: 54

Reply to This

Replies to This Discussion

ons moet dit probeer Donald kan mooi foto maak as n mens dit regkry dankie, ja die ou dae was goeie dae

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html