Hallo almal!

 

My toerusting bestaan op die oomblik uit 'n Sony A100, twee "kit"-lense (Sony 18-55mm F3.5-5.6 en Sony 75-300mm F4.5-5.6), asook 'n Tamron 90mm F2.8 makrolens.

 

Ek kom agter dat ek 'n vinnige lens by my versameling moet voeg. Die twee Sony-lense is beslis nie vinnig nie, en die Tamron se velddiepte by F2.8 is baie beperk.

 

Sony-eienaars is in die gelukkige posisie dat daar 'n wye reeks uitstekende ou Minolta-lense is wat op hulle kameras sal pas. Ek is besig om te spaar, en oorweeg dit sterk om 'n Minolta AF 50mm F1.7 lens tweedehands te koop. (Die prys sal waarskynlik iewers tussen R800 en R1000 wees). Dit is 'n baie vinnige en skerp lens wat uitstekende reviews kry - baie mense beskou dit as die eerste Minolta-lens wat 'n Sony-eienaar moet aanskaf. Hier is 'n bespreking:

http://kurtmunger.com/minolta_af_50mm_f_1_7_reviewid114.html

 

Daar is ook 'n Minolta Af 50mm 1.4, maar hy is skaarser en duurder.

Is daar 'n groot verskil tussen 1.7 en 1.4?

Is hier enige ander Sony-eienaars op Fotoskool wat dalk ervaring het van hierdie Minolta-lense?

Is hier enige ander fotograwe met Canons of Nikons wat gereeld 'n 50mm-lens gebruik?

Het enigiemand al in SA 'n tweedehandse lens gekoop, en is daar 'n aanlynwinkel wat julle kan aanbeveel?

 

Ek neem baie graag foto's by natuurlike lig, en hou veral van die spel van lig en donker by lae ligvlakke. Ek het gedink hierdie lens sal goed wees daarvoor - ook vir portrette in lae lig. Ek weet dat baie fotograwe ook 'n 50mm-lens gebruik om babas en kinders af te neem.

 

Enige raad en insette sal baie waardeer word!

Views: 149

Reply to This

Replies to This Discussion

Hi Martie. Ek stel voor jy praat direk met Charls. Hy het vir my uitstekende advies in die verband in die verlede gegee. Hy is regtig 'n kenner op die gebied. Groete
Dankie, Dana - ek maak so!

Hi Martie

 

Jy kan ook op bidorbuy.co.za kyk vir tweedehandse lense sowel as nuwes. Maar vergelyk gerus die mense se pryse voor jy koop. Ek het 'n tweedehandse 70-300 lense met stabiliseerder daar gekoop en was baie tevrede met dit. Jy moet jou pryse maar ken anders kan 'n mens te veel betaal. Ek hoop dit help

 

Groete

Jannie

Dankie, Jannie. Ek het al op Ebay iets bestel, en weet bidorbuy is soortgelyk. Ek sal beslis daar gaan kyk, sal kyk na die "seller ratings" van die verkoper ook. Ek kan seker op Ebay ook koop, maar het nog nooit 'n lens van oorsee af laat kom nie. Ek wonder hoeveel die posgeld sal wees, en of die lens die reis sal oorleef...

Jannie Labuschagne said:

Hi Martie

 

Jy kan ook op bidorbuy.co.za kyk vir tweedehandse lense sowel as nuwes. Maar vergelyk gerus die mense se pryse voor jy koop. Ek het 'n tweedehandse 70-300 lense met stabiliseerder daar gekoop en was baie tevrede met dit. Jy moet jou pryse maar ken anders kan 'n mens te veel betaal. Ek hoop dit help

 

Groete

Jannie

Martie

Ek was lanklaas op Fotoskool bedrywig en het nie hierdie vraag gesien nie. Hoop ek kan bietjie lig werp !

Ek wil net graag vra waarom jy 'n vinniger lens by jou versameling wil voeg anders as die wat jy reeds het ? Bedoel jy vinnig wat lig betref of dalk vinniger fokusspoed. Kit lense is maar berug dat hulle stadig fokus en dit kan baie frustrerend wees. Ook is hulle opties nie van hoë gehalte nie.

 

Ook noem jy die Tamron f2.8 se velddiepte is te beperk vir jou - enige vinniger lens (lig) se velddiepte gaan nog meer beperk wees.

 

Die groot vraag is eintlik watter tipe fotografie jy eintlik wil doen.

  • Met studio en portrette werk mens maar op so f8 met studioligte.
  • Met landskappe ens werk mens maar ook op f8-f16

 

Indien jy wil konsentreer op lae lig fotos kan ek wel verstaan dat jy na 'n vinnige lens wil kyk. Die verskil tussen f1.4 en f1.7 is 'n derde stop se lig, en in my opinie akademies van aard.

 

'n 50mm Lens laat jou nogal anders dink oor jou fotografie omrede dit so wye "prime" lens is. Op jou Sony is dit omtrent gelykstaande aan 'n 75mm as ek my nie misgis nie.

 

Die Minolta lens klink vir my na 'n heel goeie kopie, maak maar net seker dit is wat jy regtig wil hê. Soms is 'n hoë kwaliteit zoom lens meer veelsydig vir alledaagse gebruik.

 

Groete

 

Hallo Charles - baie dankie vir jou insette!

 

Ek sal graag 'n vinniger lens wil hê in terme van lig, sodat ek sonder flash (met driepoot indien nodig) foto's kan neem in die tipe natuurlike lig wat 'n mens byvoorbeeld in 'n donker ou plaasskuur sal kry - die dramatiese spel van lig en skaduwee en die atmosfeer wat dit skep, hou vir my groot bekoring in.

 

Ek sal die lens ook graag wil gebruik om portrette buite of by vensterlig te neem (bv. van kinders of babas), en selfs ook skoolkonsertfoto's (as ek naby genoeg aan die verhoog kan kom).

 

Ek besef wat die beperkinge van 'n prime-lens is (jou voete is die zoom!), maar ook die voordele - 'n baie skerp lens met mooi bokeh en 'n heelwat groter maksimum lensopening as wat ek op die oomblik kan kry.

 

'n Tegniese vraag - as 'n mens 'n makrolens en 'n 50-mm lens albei op lensopening 1.7 stel, sal die makrolens se velddiepte nog steeds heelwat vlakker wees? Ek neem so aan, die makrolens se lenselemente is mos op 'n spesifieke manier saamgestel sodat hy baie naby kan fokus. Is dit oorbodig om 'n 50 mm-lens te koop as ek reeds die makrolens het?

 

Ek het ook al die beroemde Minolta "Beercan" (70-210 mm) oorweeg - dink jy dit behoort 'n baie beter lens te wees as my Sony-kitlens (70-300 mm)?

 

Baie dankie by voorbaat, ek sien uit daarna om te hoor wat jy sê!

 


Charles Whitehead said:

Martie

Ek was lanklaas op Fotoskool bedrywig en het nie hierdie vraag gesien nie. Hoop ek kan bietjie lig werp !

Ek wil net graag vra waarom jy 'n vinniger lens by jou versameling wil voeg anders as die wat jy reeds het ? Bedoel jy vinnig wat lig betref of dalk vinniger fokusspoed. Kit lense is maar berug dat hulle stadig fokus en dit kan baie frustrerend wees. Ook is hulle opties nie van hoë gehalte nie.

 

Ook noem jy die Tamron f2.8 se velddiepte is te beperk vir jou - enige vinniger lens (lig) se velddiepte gaan nog meer beperk wees.

 

Die groot vraag is eintlik watter tipe fotografie jy eintlik wil doen.

  • Met studio en portrette werk mens maar op so f8 met studioligte.
  • Met landskappe ens werk mens maar ook op f8-f16

 

Indien jy wil konsentreer op lae lig fotos kan ek wel verstaan dat jy na 'n vinnige lens wil kyk. Die verskil tussen f1.4 en f1.7 is 'n derde stop se lig, en in my opinie akademies van aard.

 

'n 50mm Lens laat jou nogal anders dink oor jou fotografie omrede dit so wye "prime" lens is. Op jou Sony is dit omtrent gelykstaande aan 'n 75mm as ek my nie misgis nie.

 

Die Minolta lens klink vir my na 'n heel goeie kopie, maak maar net seker dit is wat jy regtig wil hê. Soms is 'n hoë kwaliteit zoom lens meer veelsydig vir alledaagse gebruik.

 

Groete

 

Martie - jy het 'n klomp vrae en ek sien waar jy vandaan kom daarmee. Vir lae lig het jy maar 'n vinnige lenbs nodig. Hou net in gedagte dat indien jy met 'n driepoot werk en die objekte is staties, kan jy wegkom met 'n langer "exposure". Indien jy een van die nuwer generasie kameras het, kan 'n hoër ISO ook werk. Deesdae is ISO 3200 redelik skoon in terme van geraas !

 

Kinders en portrette by natuurlike lig het maar 'n redelike vinnige lens nodig (sonder flash) indien die vlak diepte van veld nie te veel gaan pla nie. Vir konserte wonder ek of so wyehoek lens (50mm) suksesvol gaan werk. Jy sal omtrent reg onder die verhoog moet staan om enigiets te isoleer. Dis nie altyd prakties nie en ek dink tog jy gaan 'n effense zoom hier benodig.

 

Graag wil ek jou net na 'n interessante artikel verwys wat ek raakgeloop het oor vervorming en fokale lengte van jou lens : http://gizmodo.com/5857279/this-is-how-lenses-beautify-or-uglify-yo...

 

Miskien is die artikel effens oordrewe, maar dit is opmerklik watter vervorming daar nog plaasvind by 50mm !

 

Nou so bietjie tegnies : Jou lens se f-stop is 'n verhouding tussen die fokale lengte en deursnit van jou lens. Dit word bereken deur die volgende formule N(die fstop getal)=f(die fokale lengte)/D(die deursnit van die voorste lens-element)

Indien jy 'n 100mm lens stel op f4 is jou fisiese lensopening 25mm (100/4=25mm) Op f2.8 is dit 35,7mm.

 

Indien jy lense vergelyk soos die 50mm @f1.7 en die 60mm makro @f1.7  moet mens darem nou appels met appels vergelyk. Indien ons veronderstel beide lense se deursnit voor is dieselfde asook die fokale lengte (50mm is darem naby aan 60mm) gaan die bokeh en velddiepte so te sê dieselfde wees indien jy op dieselfde afstand van die voorwerp bly. Jy is korrek in jou aanname dat die makrolens baie nader kan fokus, maar baie belangrik word die velddiepte ook bepaal deur hoe naby jy aan die voorwerp is wat jy fotografeer. In die geval word die velddiepte vlakker hoe nader jy aan die voorwerp kom.

 

Byvoorbeeld : gebruik die makrolens om op f2.8 sentimeters vanaf 'n insek 'n foto te neem. Jy gaan gelukkig wees as jy die hele kopgedeelte skerp kan kry - ons praat hier van bv 1mm.

Met dieselfde lens op f2.8 kan jy nou 'n portretfoto van 'n persoon neem vanaf bv 3meter en jy gaan maklik die meeste van die persoon se kopgedeelte in skerp fokus kry. Wat ek probeer sê is dat die verskil tussen 'n gewone lens en makrolens is juis hoe naby jy aan die voorwerp wat jy afneem kan kom. Ook hoe nader hoe meer die vergrotingsaspek van die lens. Makrolense van so 100mm maak natuurlik ook uitstekende portretlense uit !

 

Sensorgrootte speel ook 'n rol en wyd gestel dit is die rede hoekom 'n "full frame" 35mm sensor 'n vlakker diepte van veld het teenoor 'n "crop sensor" se 21-23mm sensor. Dit is ook die rede hoekom klein mik en druk met klein sensortjies sulke wye diepte van veld het. Jy sukkel behoorlik om iets te blur met die klein kameratjies.

Lees gerus dievolgende : http://photo.net/equipment/digital/sensorsize/

Vir 'n DOF calculator : http://www.dofmaster.com/dofjs.html

 

My opinie om jou vraag te antwoord is om vir eers jou 60mm makrolens te gebruik. Dis 'n wonderlike skerp lens, maar ek dink jy is beperk tot f2.8. Gebruik maar 'n driepoot asook 'n kabel-release indien moontlik. Indien jy nie 'n kabel het nie, gebruik gerus die kamera se "self-timer"

 

Jou vraag oor die "beercan lens" is interessant. Dit is eintlik nou al 'n baie ou lens wat lankal nie meer vervaardig word nie. Indien jy hom goedkoop kry kan jy hom dalk probeer, maar ek lees heelwat berigte wat praat van erge "Purple fringing" Ook moet jy hom maar heelwat stop hier na f9-f11 toe vir 'n skerp foto. Ek het nie ondervinding van die lens nie en het maar "Gegoegel" vir die antwoorde.

 

Die kit-lense is maar gewoonlik van swak gehalte en kry die fotograaf maar net aan die gang. Alle vervaardigers is maar lief vir die truuk. Ook ontgroei jy die lense baie vinnig Vir my lê die kwaliteit van fotos in die lense - koop regtig die duurste lens wat jy kan bekostig. Die Sony 70-300mm f4.5-5.6 G SSM lens is van Sony se beter lense (G-reeks) Indien jy dit oorweeg om dalk 'n goeie ronddra zoom te koop - die is die een ! Ek sal eerder geld op die lens as die "Beercan" spandeer.

 

Ek hoop ek kon jou so bietjie raad of duidelikheid gee. Vra gerus indien daar nog iets wat jy wil weet

 

Groete

Charles - baie dankie vir jou uiters insiggewende raad, en vir al die moeite wat jy gedoen het om my vrae te beantwoord - ek waardeer dit!

 

Ek gaan alles noukeurig bestudeer en bedink. My kamera vaar maar vrot met ISO - ek kan dit nie eintlik waag om bo 400 te gaan nie. Dit kniehalter 'n mens nogal by lae lig. As ek bv. by 'n konsert is, gebruik ek maar die 70-300 mm-kitlens om te kan inzoem, dan hoef ek nie bo-op die verhoog te staan nie. Ek het verlede week by 'n skoolkonsert hierdie lens gebruik en teen wil en dank vriende gemaak met my flash, en was heel gelukkig met die foto's wat ek gekry het:

http://fotoskool.co.za/photo/ongeposeerde-oomblik-by-die-skoolkonse...

http://fotoskool.co.za/photo/i-m-popeye-the-sailor-man/prev?context...

My Tamron-makrolens se fokale lengte is 90mm, wat hom nogal ideaal maak vir portrette. Ek het al 'n mooi velddiepte-effek op F2.8 gekry, soos hier:\

http://fotoskool.co.za/photo/elen-villa-favorita/next?context=user

 

Nogmaals baie dankie, Charles - ek gaan nog verder dink oor lense en sal vra as ek nog iets wil weet.

Charles Whitehead said:

Martie - jy het 'n klomp vrae en ek sien waar jy vandaan kom daarmee. Vir lae lig het jy maar 'n vinnige lenbs nodig. Hou net in gedagte dat indien jy met 'n driepoot werk en die objekte is staties, kan jy wegkom met 'n langer "exposure". Indien jy een van die nuwer generasie kameras het, kan 'n hoër ISO ook werk. Deesdae is ISO 3200 redelik skoon in terme van geraas !

 

Kinders en portrette by natuurlike lig het maar 'n redelike vinnige lens nodig (sonder flash) indien die vlak diepte van veld nie te veel gaan pla nie. Vir konserte wonder ek of so wyehoek lens (50mm) suksesvol gaan werk. Jy sal omtrent reg onder die verhoog moet staan om enigiets te isoleer. Dis nie altyd prakties nie en ek dink tog jy gaan 'n effense zoom hier benodig.

 

Graag wil ek jou net na 'n interessante artikel verwys wat ek raakgeloop het oor vervorming en fokale lengte van jou lens : http://gizmodo.com/5857279/this-is-how-lenses-beautify-or-uglify-yo...

 

Miskien is die artikel effens oordrewe, maar dit is opmerklik watter vervorming daar nog plaasvind by 50mm !

 

Nou so bietjie tegnies : Jou lens se f-stop is 'n verhouding tussen die fokale lengte en deursnit van jou lens. Dit word bereken deur die volgende formule N(die fstop getal)=f(die fokale lengte)/D(die deursnit van die voorste lens-element)

Indien jy 'n 100mm lens stel op f4 is jou fisiese lensopening 25mm (100/4=25mm) Op f2.8 is dit 35,7mm.

 

Indien jy lense vergelyk soos die 50mm @f1.7 en die 60mm makro @f1.7  moet mens darem nou appels met appels vergelyk. Indien ons veronderstel beide lense se deursnit voor is dieselfde asook die fokale lengte (50mm is darem naby aan 60mm) gaan die bokeh en velddiepte so te sê dieselfde wees indien jy op dieselfde afstand van die voorwerp bly. Jy is korrek in jou aanname dat die makrolens baie nader kan fokus, maar baie belangrik word die velddiepte ook bepaal deur hoe naby jy aan die voorwerp is wat jy fotografeer. In die geval word die velddiepte vlakker hoe nader jy aan die voorwerp kom.

 

Byvoorbeeld : gebruik die makrolens om op f2.8 sentimeters vanaf 'n insek 'n foto te neem. Jy gaan gelukkig wees as jy die hele kopgedeelte skerp kan kry - ons praat hier van bv 1mm.

Met dieselfde lens op f2.8 kan jy nou 'n portretfoto van 'n persoon neem vanaf bv 3meter en jy gaan maklik die meeste van die persoon se kopgedeelte in skerp fokus kry. Wat ek probeer sê is dat die verskil tussen 'n gewone lens en makrolens is juis hoe naby jy aan die voorwerp wat jy afneem kan kom. Ook hoe nader hoe meer die vergrotingsaspek van die lens. Makrolense van so 100mm maak natuurlik ook uitstekende portretlense uit !

 

Sensorgrootte speel ook 'n rol en wyd gestel dit is die rede hoekom 'n "full frame" 35mm sensor 'n vlakker diepte van veld het teenoor 'n "crop sensor" se 21-23mm sensor. Dit is ook die rede hoekom klein mik en druk met klein sensortjies sulke wye diepte van veld het. Jy sukkel behoorlik om iets te blur met die klein kameratjies.

Lees gerus dievolgende : http://photo.net/equipment/digital/sensorsize/

Vir 'n DOF calculator : http://www.dofmaster.com/dofjs.html

 

My opinie om jou vraag te antwoord is om vir eers jou 60mm makrolens te gebruik. Dis 'n wonderlike skerp lens, maar ek dink jy is beperk tot f2.8. Gebruik maar 'n driepoot asook 'n kabel-release indien moontlik. Indien jy nie 'n kabel het nie, gebruik gerus die kamera se "self-timer"

 

Jou vraag oor die "beercan lens" is interessant. Dit is eintlik nou al 'n baie ou lens wat lankal nie meer vervaardig word nie. Indien jy hom goedkoop kry kan jy hom dalk probeer, maar ek lees heelwat berigte wat praat van erge "Purple fringing" Ook moet jy hom maar heelwat stop hier na f9-f11 toe vir 'n skerp foto. Ek het nie ondervinding van die lens nie en het maar "Gegoegel" vir die antwoorde.

 

Die kit-lense is maar gewoonlik van swak gehalte en kry die fotograaf maar net aan die gang. Alle vervaardigers is maar lief vir die truuk. Ook ontgroei jy die lense baie vinnig Vir my lê die kwaliteit van fotos in die lense - koop regtig die duurste lens wat jy kan bekostig. Die Sony 70-300mm f4.5-5.6 G SSM lens is van Sony se beter lense (G-reeks) Indien jy dit oorweeg om dalk 'n goeie ronddra zoom te koop - die is die een ! Ek sal eerder geld op die lens as die "Beercan" spandeer.

 

Ek hoop ek kon jou so bietjie raad of duidelikheid gee. Vra gerus indien daar nog iets wat jy wil weet

 

Groete

Martie

Dis 'n plesier - en ek moet sê, ek hou van daai makrolens portret. Mooi skerp en mooi bokeh agter.

 

Ek dink jy moet maar vrede maak met jou flash. Gebruik die flash slegs as 'n "fill in" flash. Indien jy dit goed doen kan mens dit amper nie eers sien nie. Die skadus is net effens sagter en dis eintlik wat jy soek in 'n goeie portretfoto.

 

Sterkte met jou keuses ....

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html