Ek moet more aand by ons paalstudio fotos neem vir kleedrepetisie van SA pole fitness. 

Ons studio is baie beknop en dis in aand waar ek gewoonlik daar staatmaak op die natuurlike lig deur vensters. Ekt nou hier by huis met LED buis lig probeer speel plus nog een op manual om idee te kry van settings more aand

My vraag: hoe hoog kan ek gaan met ISO voor ek sit met te veel grein?

Hoe laag met sluiterspoed en Fstop?

 My toets fotos bly net te donker! En my uitdaging is die gimnaste beweeg vinnig by tye en ek benodig diepte van veld vir hele lyf in fokus!

Ekt nie studio ligte nie die goed is duur..

Views: 104

Reply to This

Replies to This Discussion

Hello Karin  Jong jy het n klomp probleme hier genoem, Om jou so uit die vuis uit raad te gee sal moeilk wees. Grein hang heeltemal af van die kamera wat jy het met n goeie kamera kan jy redelik hoog gaan. (4k -6k) Grein gaan egter n probleem bly.

Om die sluiterspoed te bepaal moet jy met in ag neem dat jou modelle beweeg ek sal skat 1200 plus. Jy moet op die modelle fokus self n effense awykyking sal die foto blur.

Om swak lig teen te werk sal jy n redelike lae fstop moet gebruik.Hier hang dit weer af van die kwaliteit van jou lens en die lens spoed maar jy gaan diepte inboet

Onthou jou ISO die SS en die fstop werk as n kombinasie so die enigste uitweg is maar net proefneming in die lokaal waar jy die foto gaan neem. Kyk op jou kamera of daar nie n outomatiese versteling is wat sal werk nie. Sport modus op jou kamera sal baie goed werk as jy redelike goeie lig kan bewerksllig, die verstelling werk nie in swak lig nie. Kan jy nie n eksterne flits erens leen nie? Sterkte met die poging.    Gabriel

Hello Karin Ek het nou n klompie proefnemings in lae lig gedoen en dit lyk nie of n mens op n hoe sluiterspoed gaan regkom nie jy sal moet probeer om lig te bewerkstellig. Of as alternatief stil fotos van sie modelle te neem. Ek moet hier byvoeg ek het nie n idee hoeveel lig tot jou beskikking is nie jy sal maar moet proefnemins doen; My verstelings nou was ss1200 ISO6400 f2,5 dit het nie gewerk nie, op outomaties gooi die kamera die ss af na 1/20 toe wat te stadig gaan wees vir beweging.  Sterkte.

Baie dankie ek waardeer jou raad..ekt gstraand met die ligte tot my beskikking nie reggekom op iso van 800 , fstop van 5 en sluiterspoed van 250 nie. verlede jaar het ek op sportr mode geneem maar die grein was daarmee vir my te hoog. ekt n Canon 700 met 16-55 lens

Indien die lig werklik uitdagend is (en ek vermoed dit is), jy aksie afneem, en jy geen ligbronne kan/mag gebruik nie, is daar ongelukkig net 1 oplossing en dit is 'n peperduur Canon 1dxII of Nikon D5. Hierdie vlagskip-modelle het, benewens die nuutste sensortegnologie, ook 'n relatief laer pikseldigtheid (20.8 en 20.2 MP op 'n volraamsensor), wat baie minder noise by hoe ISO tot gevolg het - dit, en die hoer "frame-rate"  is waarom Olimpiese en ander professionele sportfotograwe hierdie kameras gebruik, en NIE die megapiksel-monsters soos die Canon 5Ds, Nikon D800 of Sony A7 nie.

In Pretoria kan mens altyd een by 'n plek soos ODP huur (ek sal graag met 1 wil speel, maar het geen intensie om 15 spaarvarkies leeg te maak nie!)

Ns - en natuurlik 'n (duur) vinnige lens van f2.8 of beter, gekombineer met bg.

Baie dankie Dine..ek leer maar elke keer..moes maar baie edit..



Dine Potgieter said:

Indien die lig werklik uitdagend is (en ek vermoed dit is), jy aksie afneem, en jy geen ligbronne kan/mag gebruik nie, is daar ongelukkig net 1 oplossing en dit is 'n peperduur Canon 1dxII of Nikon D5. Hierdie vlagskip-modelle het, benewens die nuutste sensortegnologie, ook 'n relatief laer pikseldigtheid (20.8 en 20.2 MP op 'n volraamsensor), wat baie minder noise by hoe ISO tot gevolg het - dit, en die hoer "frame-rate"  is waarom Olimpiese en ander professionele sportfotograwe hierdie kameras gebruik, en NIE die megapiksel-monsters soos die Canon 5Ds, Nikon D800 of Sony A7 nie.

In Pretoria kan mens altyd een by 'n plek soos ODP huur (ek sal graag met 1 wil speel, maar het geen intensie om 15 spaarvarkies leeg te maak nie!)

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html