Ek het 'n vraag vir die kenners. Ek het laaste 2 of 3 kere kamera gestel op Raw+ Jpeg as ek neem omdat my instant editing programme nie RAW kan verwerk nie...ek laai gewoonlik en gaan dan vinnig deur fotos om goeies te sif..as net RAW neem kan mens hul nie sien nie...maar die manier is files vreeslik vol dus baie om te delete. Hoe maak jul?

Views: 54

Reply to This

Replies to This Discussion

Karen ek het ook my kamera op beide RAW en Jpeg. Ek het heelwat kaarte en maak dit vol fotos voor ek format. EK skep "folders" op my kaart via die kamera en so weet ek dan wattter fotos het ek klaar gesif. Ek koppel my kamera aan die rekenaar en gaan dan, op die SD kaart, eers deur die fotos en gooi weg wat swak is. Beide RAW en Jpeg is sigbaar en dis maklik om te verwyder. Om net RAW te neem is nie vir my 'n opsie nie presies oor die rede wat jy noem. Die fotos is nie sigbaar nie en as jy net na een  op jou rekenaar wil kyk, het dit 'n verwerkings program nodig. Wanneer ek deur almal gegaan het en weet watter ek wil hou, laai ek dit na 'n eksterne harde skyf toe. Met verwerking gebruik ek net die RAW fotos.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html