Ek wil net noem dat ek vandag (Saterdag 4 Oktober) die HEELDAG by een van die dae van Nikon se 'roadshow' in Centurion was. Ons het na uitstekende aanbiedings van vyf professionele mense oor vyf verskillende onderwerpe - "fashion & speedlights" (Stephen Segal), wildfotografie (Richard de Gouveia), video met 'n dslr (Damon Hyland), troufotografie (Christine Meintjes) en aksie en filmmaak (Craig Kolesky) - geluister. Ons het selfs ontbyt, eetgoed saam met die koffie en 'n baie lekker en groot middagete gekry...alles gratis. Wat 'n belewenis!!!! En terwyl jy na die aanbiedings luister, maak die tegnikus jou kamera se sensor gratis skoon. Ek bly beindruk met Nikon se diens.

Views: 58

Reply to This

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html