Hennie het op 16/05/2017 op die hoofblad vir ons vertel van ‘n bekostigbare verwerkings program, Affinity Photo ver 1.5. Ek wil graag by hom aansluit en vir julle van ON1 Effects 10.5 vertel. So dikwels kom ek mense op my fotografiese pad teë  wat vir my sê dat hulle nie verwerkings programme het nie want dit is te duur. Hier en daar is daar iemand wat dit net nie wil gebruik nie ags hulle voel dat hulle fotos dit nie nodig het nie. Dis feite as ‘n mens na die Adobe Cloud se programme kyk en ook PaintShop Pro, maar die goeie nuus is dat ons nie sonder verwerkings programme hoef te wees nie en dit hoef ook nie vreeslik baie geld te kos nie. Ek gebruik nou al baie lank die ON1 Effects se filters wat gratis op die internet beskikbaar is en met PS/LR en PSE werk. Daar is mos maar tye wat ‘n mens net “iets” anders met ‘n foto wil doen en dan is hierdie filters baie handig en baie oulik. ON1 Effects het ook ‘n gratis “stand alone” program wat op die desktop gelaai word en die verwerking van ‘n foto kan daar gedoen word. Dit word ook as ‘n filter keuse gelaai in PS/LR en PSE. As daar so om en by R1000.00 iewers in jou begroting beskikbaar is kan jy die Pro weergawe van ON1 koop. Hierdie program is baie oulik met al die “bells and whistles” wat Adobe se programme het teen baie minder van die prys. Die program kan vir 30 dae gratis gelaai word sodat ‘n mens daardeur kan werk en besluit of dit gekoop moet word al dan nie. Die “WOW” vir my van ON1 is die feit dat dit hand aan hand met Adobe se programme werk. Sodra ‘n foto klaar verwerk is kan dit as ‘n .PSD of .Jpeg gestoor word. Verder is daar ook PhotoScape (waarmee baie ons reeds werk), FastStone en Picasa. Moet ook nie van GIMP vergeet nie. Vrolike Editing vir julle almal

Views: 26

Attachments:

Reply to This

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html