Hallo Almal

 

Wil net bietjie raad kry wat skerm kalibreeders soos bv die colour spyder reeks betref.

 

Ek sal graag wil weet watter kalibreeder beveel jullle aan, veral as jy soos ek met 'n begroting van onder R2000 werk.

 

Die spyder 3 express (http://www.colorvision.co.za/prod_spyder3express.htm) is baie bekostigbaar, maar is hy regtig die geld werd of moet ek eerder vir 'n groter model gaan?

 

Hoor graag van julle.

Views: 193

Reply to This

Replies to This Discussion

Phillip

Die Colorvision Spyder is 'n baie goeie skermkalibreerder en ek gebruik hom self met groot sukses (Spyder3Elite). Die Spyder self is dieselfde vir alle weergawes van Spyder3, slegs die sagteware verskil.

 

Soos die pryse duurder raak kry jy meer opsies op die sagteware soos Dataprojektor kalibrasie ens.

 

Jy kan hom met geruste hart aanskaf indien jy slegs op jou skerms wil werk. Maak net seker jy het nie dalk later die behoefte om projektors te kalibreer nie.

Baie dankie vir jou raad Charles ek sal dit in gedagte hou wanneer ek koop.

 

Ek het egter in sommige internet forums daarop afgekom dat party mense se dat dit nie werk vir laptops nie, terwyl ander weer se dit het vir hulle gewerk.  Weet enigiemand of daar enige waarheid tot dit is?

Ek wil graag die spyder gebruik op 'n desktop rekenaar met n gewone CRT monitor, asook 'n laptop met 'n tweede LED skerm en op 'n MacBook.

 

Phillip

Ek gebruik ook 'n Acer laptop met Win 7 en die kalibrasie werk 100% daar. Ook het ek verskeie ander laptops gedoen sonder enige probleme. 'n Laptop se LCD skerm is maar nog net 'n gewone skerm en daar is geen rede dat dit nie sal werk nie.

 

Onthou met 'n gewone CRT skerm moet jy net baie gereeld kalibreer omrede hulle nogal skuif - so maandeliks behoort te werk. Ek het nog nie 'n laptop met 'n tweede skerm gedoen nie, maar daar behoort nie probleme te wees nie. My desktop het twee 23" Samsung skerms en dit werk goed. Die sagteware sien altwee skerms raak en kalibreer elkeen apart.

 

Die sagtewere is ook Mac versoenbaar, dus sal dit daar ook werk.

 

Sterkte met jou kalibrering

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html