Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Dagse aan julle almal. Ek hoop iemand wat hier lees kan my dalk help. Ek is op soek na 'n goeie ultra wide angle lens,maar dit moet 'n f2.8 "prime" lens wees,wat sal werk op my Canon EOS 500D. Dit kan Sigma,Tamron of enige ander maak wees,solank dit net goeie IQ het. Ek weet baie van die pro's hier het baie lense,en sommige gebruik julle amper nooit,so asseblief help hierdie amateur bietjie met 'n 2de handse lens as julle kan. Julle kan my inbox of skakel by 0825956301,dan kan ons gesels oor die prys.
Byvoorbaat dankie,en groete
Stephen.
Tags:
Permalink Reply by Charles Whitehead on June 21, 2012 at 12:39pm Stephen
Moet nie net vaskyk teen die f2.8 nie asb. Jy soek tweedehands, maar loer net ook na die Canon 17-40 f4 L ook. Hy is baie bekostigbaar en ek gebruik hom self met groot sukses.
Hoe gaan dit met die rame ?
Groete
Permalink Reply by Stephen Fouche on June 21, 2012 at 12:56pm
Permalink Reply by Charles Whitehead on June 21, 2012 at 1:17pm Stephen
Die Sigma is glad nie 'n wyehoeklens nie en sy "micro" word eintlik gebruik om so bietjie nader te fokus as gewoonlik - dus so tipe van 'n makrolens funksie. Wye hoek lense is lense van so 35mm en laer.
Vir jou 500D se crop gaan 'n 14mm die ekwivalent van 22mm op full frame wees. Om regte wyehoek te kry moet jy maar kyk na 22mm of laer
© 2013 Created by Igno van Niekerk.