Van tyd tot tyd word persoonlike aanvalle geloots teen persone wat sogenaamde "ongewensde" foto's plaas.

Dit dien geen doel om 'n persoon, persoonlik aan te val nie en lei slegs tot 'n bekgeveg en/of kantkiesery.

Persone voel so tuis by Fotoskool, dat hulle dink die blad behoort aan hulle.  Ons moet egter onthou, ons is almal slegs GASTE, met verskillende sienings en menings.  Respekteer dit.

Indien 'n foto aanstoot sou gee, kontak die Eienaar/Skepper van die webwerf, met die redes, tot aanstoot.  Dit is alleenlik sy reg en voorreg om te besluit of die foto toelaatbaar is, al dan nie.

Dit is slegs my beskeie mening.

Views: 198

Reply to This

Replies to This Discussion

Ek stem volkome saam Doretha, dankie dat jy dit uitgelig het, dis hoekom ek vroegtydig onderaan my kunsfoto geskryf het dat dit net kuns is en nie 'n debat moet uitlok nie.

Dankie - jy het dit beskaafd en nugter gestel. Ek stem saam.

Dankie Doretha jy het die prosedure wat eindelik gevolg moet word mooi uiteengesit - die bekgeveg kan so uitgeskakel word. DAn ook as jy foto vind wat nie volgens jou geskik is vir fotoskool nie slaan dit net oor en gaan aan met die ander. Lig jou opinie oor die foto soos wat jy voorgestel het.

Groete

Dankie Anita, Dine en Pieter dat julle my gevoelens deel.  Pieter jy is reg 'n mens slaan oor en gaan aan.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html