Goeie dag ek is opsoek na raad. Ek het n canon 1000D met n 70-300 sigma lens. Ek wil graag meer sport foto's neem en is bewus van die shutter priority maar weet ook dat apature en beligting n GROOT verskil maak. Die byeenkoms is in Standerton (skole atletiek) middag/aand. Enige raad is welkom ek het al gehoor van panning sal dit wil probeer. Ek is in besit van n monopod indien nodig.
Dankie

Views: 88

Reply to This

Replies to This Discussion

Dagse Corne

Na aanleiding van jou naavraag oor sport fotografie. Sommer net n bietjie algmene inligting. Jou toerusting kan werk vir sekere sporte maar n bietjie meer glas is heelwaarskynlik nodig. Byvoorbeeld n 150-500mm

 Sport is n diverse tema, vining, stadig, helderlig, swaklig ens. Selfs om net in atletiek te spesialiseer gaan baie oefening verg.  

Jy noem panning wat op sy eie alweer iets anders is. Negatief? Nee glad nie dit gaan n baie interessante uitdaging vir jou wees. Elke reis begin met die eerste tree!!

Corne ek dink jy kan begin deur spesifieke navrae te google soos byvoorbeeld Panning for beginners,sport photography ens. Waneer jy iets vind wat  jou pas dan laai jy dit af en probeer so om n volledige portfolio van inligting  saam te stel en as verwysing raamwerk te gebruik.  Ek het ongeveer twee honderd sulke artikels afgelaai en dan voeg ek my eie aantekeninge en fotos by soos wat ek aangaan. Doen so veel as moontlik navorsing oor jou onderwerp en beplan, weet waarna jy soek voor jy uitgaan op n shoot. Maar daar is nie n plaasvervanger vir ondervinding nie,gaan uit en oefen, en oefen  en moet net nooit ophou nie!!

Alle sukses met jou poging.      Gabriel

NS Digital photography se artikels is baie betroubaar.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html