Nou ja, laat ek my maar in die landskap fotografie ook begewe. Ek en my vrou het vir twee weke in Maart 2012 in die Suide van Namibia rondgery, 'n workshop deur twee professionele fotograwe rakende landskap fotografie bygewoon en daarna ons eie ding gedoen. Dit was my eerste ernstige kontak/probeerslae in landskap fotograwie - so laat ons maar sien hoe dit gaan.

Views: 932

Replies to This Discussion

Willem absoluut pragtig! Weereens baie baie dankie vir al die info wat jy saam met die foto's gee. Dit is werklik leersaam en baie indrukwekkend!

Hi Willem, ons gaan oor 2 mnd na die suide van Namibia... enige tips van waar oral om te gaan! Ek het gevra vir 'n fotografiese permit vir Kolmanskop... so sal daar voor die toeriste kan in!

Dag 4 foto 4:

Weereens 'n foto vanaf een van die vulkaniese koppies naby Drifters' lodge. Ek het net van die lyne wat na Chocolate Mountain lei, gehou. Dit was een van die laaste fotos van 'n oggend sessie voor die son te hard geword het. Soos julle kan sien, sit die son al klaar te hoog. Hier het ek my Nikon 70 x 200mmf2.8 lens gebruik aangesien ek geen lens tussen 35mm en 70mm het nie. Nikon D3s, Nikon 70 x 200mmf2.8 lens, ISO200, f11, focal  lenght 70mm, exposure = 0, 1/100, manual mode, op driepoot.

 

Hi Issie, ons was een week op 'n landskap fotografie workshop saam met Hougard Malan en Shen Chompion. Die eerste paar dae was op 'n plaas Excelsior (gebly in Drifter's lodge op die plaas) op die rand van die NamibRand natuur reservaat (een van die grootste privaat natuur resevate). Al die fotos sovêr was op die plaas geneem. As jy daar aankom, lyk dit maar vaal uit die oog van 'n onervare landskap fotograaf. Maar gelukkig vir Hougaard en Shem wat my gehelp het - daar is wonderlike geleenthede. Daarna was ons Sossous vlei toe vir 'n paar dae. Ons het binne die park gebly (Sossous Dune Lodge) wat beteken jy is nie gebonde tot die oopmaak tye van die hek nie. Jy kan voor sonsopkoms by Sossous en Dooie vlei wees en jy kan na sononder daaruit gaan - baie voordelig maar dit kom teen 'n finansiëel premie. Daarna was ons Aus toe om 'n bietjie die wilde perde af te neem.Ons het op Klein Aus oorgebly vir 'n dag. Daarna vir twee nagte in Luderitz - ons het ook 'n fotografie permit gehad en dit help darem. Ons was vroeg daar, maar dit was baie mistig. Gebly tot ongeveer 14H30 en lekker fotos geneem. Vat 'n klein kampeer grafie saam om net 'n bietjie van die voetspore in die huise plat te slaan en sand oor dit te strooi (help om 'n natuurlike gevoel te gee). Daarna het ons 2 nagte by die Fish River Lodge (aan die weste kant van die canyon gebly. Great photo opportunites, maar die laaste 40km grondpad is 'n uitdaging (ry gemiddeld 40km/h). Hoop dit help.

Dag 4 foto 5:

Hier het ons 'n sonsondergang afgeneem met die son wat nog sigbaar was. Ek het die bracketing funksie gebruik en 5 fotos van verskillende exposures opmekaar in Photoshop geplaas. Verder het ek die fotos in/met HDR en met luminosity masks verwerk. Nikon D3s kamera, Nikon 17-24mmf2.8 lens op 17mm fokale lengte, f11, ISO200, manual mode, verskillende exposure en sluiterspoed (1 x 5 bracketing = 3stop function). Wat 'n verrassing het ons nie 'n paar minute later beleef nie - later meer daarvan.

 

Baie dankie Willem, vir die raad... jou fotos is besondelik mooi... sal maar by jou moet kyk en leer! ek geniet jou fotos baie!

Dag 4 foto 6:

En hier is die verrassing na foto 5 - een van die mooitste sonswondergang wat ek nog ooit gesien het. Dit was regtig of the hele lug aan die brand was. Ook 'n HDR verwerking met dieselfde stellings. Die omstandighede het omtrent 6 minute geduur, maar ons was gelukkig 45minute voor die tyd al opgestel gewys, komposisies geoefen en exposure gereeld getoets met fotos en histogramme. Dit help om voorbereid te wees en nie soos 'n hoender met 'n afkop rond te hardloop om 'n posisie te soek nie. 

Sjoe Willem jou fotos is stunning.  Waar presies was julle in Namibia en kan jy ons dalk help met die name van die fotograwe by wie julle die kursus bygewoon het. 

Hi Maronel, Thanks vir die kompliment. Jong, ek het die trip en twee fotograwe omtrent geniet. In die begin was dit vir my 'n bietjie frusterend want ek het nie eintlik iets van landskap fotografie af geweet nie. Maar die twee professionele fotograwe het 'n mens gou op jou gemaklik laat voel. Hulle was baie behulpsaam en ek het gewledig geleer.

Ons was op 'n plaas wat deel is van die Namib Rand natuur reservaat (grootste privaat natuur reservaat) genaamd Excelsior. Die maatskappy Drifters het 'n kampeer terrein en 'n lodge op die plaas en ons het in die lodge vir vier nagte gebly. Daarna het ons vir drie nagte in Sossousvlei gebly. Ek en my vrou het daarna vir twee nagte by die Vis Rivier canyon gaan bly (maar aan die weste kant - baie mooi geleenthede vir landskap fotografie). Dit was egter nie deel van die photo workshop van Hougaard en Shem nie.

Die twee fotograwe was Hougaard Malan (jy kan net sy naam google en dan verdere inligting op sy website kry) en Shem Compion van C4 Images & Safaries (ook hulle eie adres - kan die name ook net google).

 

Hoop dit help - laat weet as jy meer inligting wil bekom.


 
Maronel Steyn said:

Sjoe Willem jou fotos is stunning.  Waar presies was julle in Namibia en kan jy ons dalk help met die name van die fotograwe by wie julle die kursus bygewoon het. 

Baie dankie vir al die inligting.  Ek waardeer dit baie.  Dit lyk regtig vir my asof julle baie baat gevind het by die 2 fotograwe.  Jou fotos is regtig iets besonders.

Hierdie foto's van jou is puik en van die mooiste wat ek nog van Namibië gesien het, Willem. Welgedaan! Ek het al van Hougaard Malan se foto's gesien en dit moet 'n besondere voorreg wees om saam met hom te kan werk.

Hi Maronel - yes, 'n mens leer ongelooflik baie by Hougaard. Ons was ook vroeër die jaar saam met hom by Hole in the Wall. Ek het trip reports op my blog geplaas.

Hi Christa, thanks - een van die Namibia fotos verskyn in die maand se Getaway (Sept 2013) as finalis. Ek het daardie trip omtrent geniet en sien uit na ons volgende trip saam met hom.

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html