Hi vriende

 

Ek wil graag hoor of iemand al die Tamrom 150-600mm lens gekoop het & hoe ervaar julle die lens. Moet ek miskien spaar vir die fixed 600mm?

 

O ja.....canon mount asseblief.

 

Groete

Antheny Esterhuizen

Views: 171

Reply to This

Replies to This Discussion

Hi Antheny,ek het voorheen met n kleiner Tamron lens geskiet en was aanvanklik heel tevrede. Toe ontmoet ek n iemand wat met met Canon en Sigma lense skiet en ek kon nie die verskil in kwaliteit glo nie. Tamron is,en dis my mening,is nie n sleg lens nie maar as ek in ju skoene was het ek n bietjie meer geld uit gegee vir beter foto kwaliteit. Sterkte met die besluit

Hi Elna, baie dankie vir jou mening. Ek het net Canon lense & sou ek die Tamron oorweeg, sal dit my eerste Tamron lens wees. Ek sal graag bietjie so lens eers wil toets t.o.v spoed & kwaliteit van die fotos. Groete

Antheny,as jy in Pretoria bly,gaan na Outdoor Photo toe en kyk of hulle n 2de handse lens het. Jy kan dit by hulle huur. As jy alreeds Canon lense gebruik,gaan jy baie teleurgesteld wees. Dalk nie so veel met die 150-600 nie,maar ek sal 2x dink as ek jy is. Sjoe...........bly ek is nie in jou skoene nie,dis nooit maklik nie

Elna, ek bly ongelukkig in Bloemfontein, maar as ek dalk in Pretoria kom sal ek by hulle gaan inloer. My stert jik nou maar net, so ek moet dalk maar tog net spaar vir 'n Canon lens.

Hmmmmmm ek ken daai jeukerig gevoel................

Hi Antheny.

Gaan kyk by die volgende link. 

http://www.dxomark.com/Lenses/Tamron/Tamron-SP-150-600mm-F-5-63-Di-...

Ek het ook gevoel dat jy die oorspronklike lense moet gebruik. Ek skiet nou wel met Nikon en oorweeg sterk om vir my die Tamron te koop. Moet net eers probeer spaar vir hom. DXomark gee volledige reviews en as ek so vergelyk met ander lense, is die verskil in prys net nie vir my die moeite werd nie. 

More vriend,weet nie of ek n bietjie laat is nie maar ek wil net se dat ek n Tamron 150-600 besit. Dis n baie nice lens. Ek skiet nou wel Nikon en die lens is puik. N ou kan nou nie n derde party lens met die soort gelyke nikon of canon vergelyk nie maar ek moet se hierdie lens is R14000 werd. Ek het feitlik al die reviews ivm die lens gelees en na gevors en ek is nie spyt nie.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html