Ons het 'n baie lekker makro tema in die huis agter die rug, en die gogga het nogal sommiges gebyt,dankie aan almal wat deelgeneem het. Nou kan ons aangaan met makro, die slag net buite die huis. DInk aan geroesde goed, tuingereedskap, blomme.. daar is oneindig baie onderwerpe. Lekker kiek en geniet dit!

Views: 112

Reply to This

Replies to This Discussion

sò gesê, sò gedaan  -  dankie anita!!

Anita jy daag ons nou behoorlik uit, dankie ons gaan weer ons bes probeer.  

Dit klink na 'n lekker onderwerp. Dankie hiervoor en ook vir die moeite wat jy doen om hierdie aktiwiteit te dryf!

baie dankie Anita!

Dankie Anita

Anita, kan jy asb bietjie meer vertel oor die Tema foto inskrywings. Is daar enige reels , behalwe nou om by die tema te hou. Kan jy dit 'n kleur of mono foto maak, of mag daar geen verwerkings wees nie...jy plaas dit dus soos dit geneem was 

Hi Alida, die tema's is oop om jou vrye teuels te gee, net solank jy dit leersaam vind en die belangrikste om jou fotografie genres uit te brei en te geniet.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html