Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hi almal,
Ek stel baie daarin belang om eendag 'n fotograaf te word wat 'n Trou-paartjie se mooiste oomblikke vir hul verewig vasvang. Ek sit net met 'n groot probleem. Ek het geen idee waar om te begin nie? Ek het 'n Nikon D3000 met 2 lense, maar geen ekstras. Wat het mens alles nodig vir die beligting en waar kry mens so iets te koop. Ek wil ook graag vir my Photoshop aanskaf. Ek dink my grootste probleem is: Is die mark nie oorvol van Trou Fotograwe nie.
Ek wil selfs nou inskryf vir kursusse in Digitale Fotografie... shoe.. Help???
Tags:
Permalink Reply by Igno van Niekerk on April 30, 2012 at 9:52pm Baie dankie Igno..
Permalink Reply by Jacques Wainwright on May 28, 2012 at 8:54am Lindi
Ek dink jy is die enigste een wat die "grootste" probleem kan oorkom. As jou foto's uitstaan tussen die ander, sal jy egter van die groter ouens daar buite kan uitstof. Moet jouself nie sommer van dag een af al sien as sommer net nog 'n trou fotograaf nie. Kyk na BAIE foto's van die top fotograwe en kweek dan jou eie tegniek.
Permalink Reply by Charles Whitehead on May 28, 2012 at 10:30am Lindi
Ek sien jy is gebaseer in Johannesburg. Indien jy ooit in Bloemfontein kom - Igno bied elke jaar 'n troufotografiekursus aan waar baie inligting deurgegee word. Dis die moeite werd om te oorweeg.
Indien dit vir jou moeilik is probeer uitvind van kursusse in jou omgewing. Ervare fotograwe is gewoonlik betrokke en mens leer sodoende baie. Soos igno en Jacques noem leer soveel self as wat jy kan. Leer jou kamera baie goed ken. Leer alles oor beligting (baie belangrik). Kry boeke en lees die Internet
Sterkte met jou keuses
© 2013 Created by Igno van Niekerk.