Skolers waar ons nou so intens besig is met die tema verwerking het ek dit goed gedink om die volgende te deel en ek verwys geensins na enige persoon nie, maar bloot om die verskil tussen die twee aksies uit te wys.

Verwerking is, bo en behalwe die normale verwerkings proses, voordat ñ foto geplaas word, geringe veranderings wat aan die foto aangebring word om miskien meer effek, drama ens uit te lig. Daar word egter niks aan die oorspronklike foto soos dit geneem is verander nie en bly dit ongeskonde.

Manipulasie in teendeel, is heel iets anders en word die hele wese van die foto verander deur ander voorwerpe in te bring of om bestaande voorwerpe te vervang met ander. Met ander woorde die foto se hele wese word daardeur geraak. Interessant om te weet dat wanneer jy ñ foto inskryf vir ñ kompetisie, een van die reëls is dat die foto nie gemanipuleer mag wees nie, sou jy so ñ foto inskryf moet dit verklaar word en dan is dit vir die be-oordelaars om te besluit of dit aanvaarbaar is of nie. Verklaar jy dit nie en jy word uitgevang beteken dit groot skade en skande vir jou naam.

Baie mense is onder die indruk dat die twee dieselfde is, maar verseker nie !!. Anita ek dink persoonlik dat hierdie tema baie uitdagend is en om die sagteware tot jou beskikking in te span om goeie verwerkings te weeg te bring. Dankie aan jou! Lekker verwerk mede Fotoskolers!!!! Voel vry om ook jul menings te lug!

Views: 269

Reply to This

Replies to This Discussion

100% in die kol Willie.

Willie, baie interessante skrywe en dit lyk my ek het my skuldig gemaak aan manipulasie.  Nou wil ek graag weet of manipulasie dan glad nie toelaatbaar is, in fotografie nie? Hier vewys ek nie na kompetisies, waar dit verbied word nie.

Nee Doretha dit is nie die geval nie en jy het jou gladnie daaraan skuldig gemaak nie. Ek het maar net gedink om die verskil tussen die twee uit te wys. Jy kan maak met jou foto's wat jy wil, want dit is jou foto's. Ek dink net dit is goed dat mense kennis daarvan neem. 

Baie dankie willie as n mens dit lees soos jy dit stel maak dit heelltemal sin. Omdat ek omtrent nooi fotos manipuleer nie was ek nogal heel onbewus van die verskil.  Nog uit die ou skool waar goeie fotografie belangriker is as manipulasie!! Maar ek moet eerlik se ek het nie n probleem daarmee as dit kunstig is nie..   Baie dankie vir die uitwys,  

Uit 'n streng semantiese oogpunt, is daar heelwat oorvleueling tussen die definisie van "verwerking" en "manipulasie", en baie mense beskou manipulasie as 'n vorm van verwerking.

Uit 'n praktiese oogpunt - wanneer daar met 'n kompetisie of in 'n klubkategorie (bv Natuur en fotojoernalistieke inskrywings) Geen Manipulasie versoek word nie, beteken dit gewoonlik geen pikselverskuiwende/destruktiewe verwerkings nie. Invoeg, en uithaal van elemente (behalwe deur cropping) val in hierdie kategorie. Dit sluit ook "cloning" in, maar die meeste klubs laat wel uitclone van stofdeeltjies op die sensor toe. 

Wat verwerking, soos deur Willie geimpliseer, is dit ook nie so eenvoudig nie. Meeste kategoriee in klubs en kompetisies laat wel veranderinge in kontras, sharpening, bietjie dodging en burning toe (non-destruktiewe editing), hoewel daar wel destruktiewe vorme van kontrasverandering ook is, bv deur layers, (maar dit is hare-kloof).

In ernstige beroepsfoto-joernalistiek word daar egter ook op sekere vorme van non-destruktiewe editing gefrons. In een voorbeeld het kundige kontrasverhoging, dodging en burning die hele "gevoel" van die foto verander, en die konsensus was dat dit genoeg was om die leser emosioneel te "manipuleer". In 'n ander baie bekende geval is 'n skeidsregter in 'n stoeikryt mbv burning (dws non-destruktief) te laat verdwyn (die donker agtergrond het dit moontlik gemaak).

Definisies is dikwels onbevredigend buigsaam, en wat van toepassing is op "altered reality, oop-kategorie, en kunsfotos, is nie noodwendig aanvaarbaar in fotos wat implisiet 'n "ware" gebeurtenis voorstel nie (bv suiwer natuur en joernalistiek nie). Indien iets soos cloning wel aanvaarbaar is in 'n kategorie, spreek dit vanself dat dit netjies gedoen word - artefakte gaan jou ook duur te staan kom.

Ns - daar is amper glad nie meer so iets soos 'n "suiwer" foto nie. Raw moet uiteraard verwerk word, en jpeg is in die meeste gevalle reeds bietjie deur jou kamera verwerk. Selfs in die film-era kon die keuse van sekere filmtipes, ook sigbaar verskillende uitkomste aan die hand werk (en dikwels doelbewus)

Baie dankie Willie vir die interessante uiteensetting van die verskille.. asook vir jou Dine. Die meeste van ons is onbewus van die streng voorwaardes en kompetisiereels by klub/salon~inskrywings. Dis wat fotoskool so lekker maak.. ons leer fotografie op 'n prettige manier! en so met die verskillende genres. En dis wat ons poog met die temas om bietjie wyer te dink en leer. Dis lekker as so baie fotoskolers deelneem daaraan.

Baie dankie vir diegene wat al baie ondervinding het en hul wenke so vrylik vir ons deurgee. Sonder julle sou ons nie groei getoon het nie want ons wil ook dit bereik wat jul alreeds bereik het.

Ek moet vir Hennie die eer gee vir die "Verwerking~tema" Dit was sy voorstel.

Groot waardering aan almal.

Baie dankie aan almal. Ek het nou sommer baie geleer. Het self ook bietjie "ge-google" en dit lyk my daar is plek vir manupilasies onder kunsfotografie. Nietemin, dis lekker om te speel en te skep.

Baie dankie Willie en Dine dis lekker om te leer van julle!

Iets wat ook ongelukkig onlangs in die nuus was, is sg "staging" van harde joernalistieke fotos. Daar is niks verkeerd om 'n storie-foto te skep nie, maar die "fiksie" moet implisiet uit die foto blyk, of verklaar word.

Die baie bekende fotograaf Steve McCurry (almal ken seker sy beroemde "Afghan Girl" ) is tans in 'n kontroversie gewikkel - benewens manipulasie, blyk dit dat van sy tonele "gestage" was, en as die waarheid aan tydskrifte soos NatGeo voorgehou is. Die feit dat die kamera nie gelieg het nie, maak dit ongelukkig nie die waarheid nie...'n Ander ikoniese fotograaf, Robert Capa se bekende "Falling Soldier" is moontlik ook ge"stage"

Dankie Willie dat jy dit uitwys

Dankie hiervoor - baie interessant -

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html