Ek sal graag wil hoor ivm tot hoe vêr gaan jy met verwerking van fotos? Of is dit eie gevoel dat jy dit jou "prentjie" wat jy ingedagte het vervolmaak.

Dit maak dan verskil tussen natuurlik, soos in natuur...of die "volmaakte prentjie"

Ek wil net menings hoor, want dit is tog wat elkeen in sy kuns toepas.

Views: 29

Reply to This

Replies to This Discussion

Ella ja verwerking is ñ vorm van kuns om ñ foto bietjie meer gestalte te gee soos wat jy dit wil weergee. ñ Mens moet net versigtig wees dat jy nie die foto manipuleer nie, dit is om voorwerpe in te bring wat nie regtig deel van die oorspronlike foto was nie en die kyker onmiddellik kan sien dit hoort nie regtig in die foto nie. Kunstige verwerking verg goeie oordeel van die persoon wat dit skep. Ek moet ook sê dat ñ mens nie enige foto kunstig kan verwerk nie, die foto se inhoud moet dit daartoe leen. Dan is daar natuurlik ook ñ groot verskil tussen verwerking em redigering van ñ foto. As jy redigeer lig jy net sekere elimente van ñ foto uit, soos bv. kleurversadiging of om dit bietjie skerper te maak. Ek vertrou dat hierdie jou sal help. Groete Willie.

Ella, Willie het reeds goeie raad gegee. Jy moet net altyd probeer om verwerking so te doen dat die kyker nog steeds dit wat jy wil oordra, kan erken. Ek hou oook van filters maar "subtiel wees" is die riglyn. As jy 'n foto van 'n mooi landskap neem en alles is perfek, dan doen jy net redigering, soos Willie dan ook noem. Daar is fotos wat hulle daartoe leen om verwerking en/of manipulering te doen maar jy sal self daaroor moet besluit. Wanneer ek nie seker is nie sal ek beide die fotos plaas, voor en na verwerking en dan die klas se mening vra. So het ek al baie by die ander skolers geleer. Jy kan gerus na Leroi se fotos gaan kyk. Hy is nogal my groot inspirasie. Bo alles, ongeag hoe ons voel, moet jy onthou jy is en bly die eienaar van die foto en wat vir jou werk is reg. 

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html