Ek neem met 'n Pentax K200D en het die volgende lense reed: Sigma 105mm Makro; Sigma 17-70mm f2.8 en 'n Sigma 70-300mm APO.  Ek will graag meer wild en voels afneem maar die 300mm kry my nie altyd naby genoeg nie.  Ek het ook nie al die fondse om 'n verskriklik duur lens te koop nie.  wat kan julle voorstel.  Ek het al na 'n 120-400 of 150- 500mm gekyk maak verskillende opinies orr beide lense maak my versigtig.  julle kennis moet my asseblief help

Views: 61

Reply to This

Replies to This Discussion

Hi Colin

Ek het nie kennis van die 120-400 nie.

Jy noem ook nie die maak en f-stop van die lense nie.

Ek sou aanvanklik dalk eers n 1,4x of 1,7x converter gekry het, dalk los dit die probleem op!

Anders die 150-500, baie vriende is tevrede met die lens.

Maar my persoonlike gevoel is dat as iets regtig nog te ver is om afgeneem te word, is dit nie die moeite werd nie.

Jy moet onthou dat die lens en kamera al die gemors en steurings in die lug ook optel, en dit die kwaliteit ook beinvloed

Ek het n sigma 1000mm f8, het in Pta die Waterkloof lugskou van Fort Klapperkop afgeneem, maar lug was deinserig, en dit is duidelik op die pics!

Theo dankie vir die kommentaar. Ek dink my probleem is juis dat ek fotos neem en is miskien bevoorreg om 2 seuns te he wat in die wildbesigtiging bedryf is en dat ek kan kom en gaan in Rhino en Lion soos wat ek tyd het.  Ek het wel die probleem dat ek fotos neem met die 70-300 maar dan moet "crop" om nader, duidelike en beter komposisie te kry.  Sommige diere en voels is naby maar dit werk net nie altyd so nie, veral by voels. Dit is die eintlike rede vir die vraag.

Hallo Colin Ek self het 'n Sigma 150-500mm lens en dit is 'n baie lekker lens vir voels en wild. As jy baie goeie gehalte en skerp foto's soek moet jy met 'n driepoot skiet veral as dit 'n bewolkte dag is of skemer. Sterkte met die keuse!

Baie dankie ek het 'n paar besluite om te neem en geld om te spaar lyk dit vir my. :)

Ja ek het ook nie geld gehad vir 'n Sigma 150-500mm wat R12000 kos nie en toe ek my SB900 by orms gaan koop staan die lens 2daans daar op die rak vir net R7000!! body het net bietjie krapmerke op maar glase het geen krapmerke op of enige stof binne gehad nie!

Reply to Discussion

RSS

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html