Julle wat nou al ou hande is, kan julle sê wat se kamera 'n mens kan koop. Ek weet daar is altyd 'n geveg tussen Nikon en Canon, maar dit daar gelaat. Wat ek eintlik wil weet is.

Ek het gehoor/lees dat mens nie so baie oor die kamera body hoef te worry nie, maar wel oor jou lense. Dus kan jy 'n goedkoper kamera body koop, maar jou lense moet van uitstaande waarde wees, want dan kan jy hulle nog jare en jare gebruik, en die kwaliteit lê eintlik in die lens. Ek weet ook daar is verskillende sensors in kameras 

Hulle verkoop deesdae hierdie SLR - kits, dan kry jy lense by. Sal dit die moeite werd wees om so iets te koop, sal 'n duurder lens nou op dieselfde kamera pas? Of dink julle mens moet maar eers 'n kamera body koop met een goeie zoom lens, en dan jou versameling aan vul.

 

Gee tog asb. julle kommentaar al is dit net uit eie ondervinding uit. Ek is nie profesioneel nie en wil ook nie word nie, dit is en sal net vir my 'n stokperdtjie wees, maar ek wil ook darem die uitdaging hê om 'n goeie foto te kan probeer neem.

 

Ag en was dit nou lekker om dit in Afrikaans te kan skryf

Elizma Fourie 

Views: 1015

Reply to This

Replies to This Discussion

Elliot ek dink die 7D is ook 'n lekker kamera. Man eintlik is hulle almal lekker want mens kan foto's neem met dit.

 

Ek bly by die 600D dit het my ure se pret en plesier gegee, en saam met die kit het ek alles gehad wat ek kon nodig hê om te begin met hierdie fotografie gogga. My nuwe Canon 5D Mark III en my 24-105mm lens het gekom, 'n plaas se prys gekos, maar julle dit is blitsig met sy fokus, nou moet hierdie fotograaf net weer die boekie leer soos met die 600D die lens versameling uitbrei ens. ens.

 

Weereens baie dankie aan almal se bydrae tot hierdie blog, dit het my geweldig gehelp, en ek glo dit doen ook so met julle.

 

Groete 

Ooooo - jy gaan hom geniet en nooit spyt wees oor die plasie wat jy gekoop het nie !

Vra gerus indien jy sukkel - ek dink ek sal kan help :-)

Dankie Charles dit sal ek beslis doen, ek sien die 5D het lekker fokus funksies, ek moet nou net begin afklim van die rekenaar en die kamera vat en dit uit toets en speel.

Ek het n goeie les geleer met die 7D koop,  Ek wou n 70-200 is usm L lense koop maar het uit die spur of the moment eerder die body gekoop. ek het toe my 55-250mm standard lense en die 70-200mm en comparison fotos geneem en die virskul is nie so groot nie, die f/2.8 help maar nie R20000 werd nie.

 

Die body neem vinniger en het meer focus points, die funksies is beter, ek bedoel ek kan al my settings verander sonder om die kamera van my oog af te vat.  Dit is wat ek hou van Canon hulle jaag nie specs en nommers nie eg. 34MP sensors hulle werk aan fokus, spoed, exposure accuracy, kleur en noise reduction.

 

So my les was dat n lense jou foto effe skerper sal maak maar n body doen soveel meer! 

 

Ek het danksy die 8 fotos n sekond burst n surprising foto geneem van n voel wat n by vang wat ek nie sou kon doen met my 550D nie.

 

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html