Ek het skade aan my kamera en 1 lens (het dit al +- 10 jaar). Fotografie is net 'n stokperdjie vir my, so geen inkomste word genereer.  Nou wat nou....hoe effektief en koste effektief is herstel en waar?

Wie het miskien ondervinding van Nicon D5600?

Views: 87

Reply to This

Replies to This Discussion

Ella, dis n moeilike een daai en ek kan jou nie help nie, ken Nicon glad nie.  Al wat ek jou kan sê is om oom Google te raadpleeg en baie inligting te kry om besluit te kan neem.  Stekte!

Dis nou jammer jy is so ver. Ek is 'n Canon-gebruiker, maar die Nikonians in my klub is oor die algemeen redelik gelukkig met die Nikon dienssentrum in Centurion.

Ella ek gebruik al baie jare net  Nikon kameras en het so n rukkie terug ook skade aan my kamera (Nikon 5100) gehad. Ek het hom toe na die Nikon sentrum in Centurion geneem. Hulle het die kamera gediens en die skade herstel teen n baie billike prys.Jy kan hom ook na enige kamera winkel soos Outdoor Photos toe neem wat die kamera na n diens sentum toe sal stuur. As daar onderdele vervang moet word neem die herstel ongeveer drie weke. Hoop jy kom reg.

Ella, ek stem met Gabriel saam. Dit gaan jou veel goedkoper kos om die kamera in te gee vir herstel. As daar 'n geldjie oor is, kan jy eerder aan 'n tweede lens dink, soos 'n makro-lens. As jy wel wil opgradeer wat 'n kamera betref, kyk na die D7200 of D7500.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html