Ek soek raad by die slim mense.............

Ek hou nie daarvan om mense af te neem nie en een van die groot redes is dat ek nie plek het om binnehuis fotos te neem nie en ek ken nie regtig mense in die dorp wat ek kan vra om model te speel nie.

Die reeksie van klen Mia het egter my knoppies begin druk en het laas week weer met haar en haar boetie gaanspeel. 

My "all round" lens is die Canon 18-200mm wat ek baie gek oor is, maar dit het binneshuis nie so lekker gewerk nie. Ek wil graag 'n lens aanskaf vir die genré maar sal graag wil hoor wat beveel julle aan.

Dit lyk nogal of die Nifty Fifty redelik oral aan beveel word

Dankie vir julle hulp en raad. Ek waardeer dit

Views: 44

Reply to This

Replies to This Discussion

Elna ek het ook ñ 18-200 wat vir my ñ uitstekende lens is en wat goed genoeg behoort te wees vir portret fotografie, ek dink natuurlik as jy vir die tipe fotografie wil ingaan is jou beligting van groter belang as die tipe lens. Ek self neem natuurlik nie portrette van mense nie, maar my gevoel is dat jou 18-200 die ding kan doen. Sterkte met jou eksperiment!

Elna dit is n baie interesante veld. Portret fotos is niks oor lense nie en alles oor beligting. Enige lens van 105mm -200mm en  f2-f3.5 sal werk in n vaardige fotograaf se hande. Ek het van my beste portret fotos met n Yascica Mat reflex film camera geneem, wat n 80mm lens gehad het. As ek reg onthou was dit n prima lens. Hoekom is beligting so belangrik? Wel dit gee jou die opsies om te besluit wat jy uit jou fotos wil he. High key, lowkey(my gunsteling) Sy beligting tru beligting ens, ens. Darvoor het jy n studio nodig met al die verskillende ligte, box lights rooflight, external flash lights, weerkaatsers en weer ens, ens. Dan het jy opstelling van agtergrond en props nodig wat aangepas moet word by jou spesifieke sessie. Dit is die goed wat jou fotos klas gee.En dan kom die oefen en nogmaals oefen, Portret fotos het n neiging om as snaps uit te kom eerder as fotos tensy alles reg aangepak word. Ek will jou nie ontmoedig nie maar besluit van die begin af wat jy wil doen voor jy geld op lense spandeer.  Sterkte met jou poging!!

Dankie manne. Ek weet die dinge wat jy noem Gabriel en dit sal ek nie kan doen nie. Eersetns het ek nie die plek daarvoor nie en tweedens ook nie die geld nie.

Willie jy gee my hoop. Die vertrek wat ek die volgende fotos van klein Mia gaan neem het heerlike groot oop vensters met baie lig wat inkom. 

Ek gaan maar net aan hou probeer.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html