Tegnologie het my nou gedwing tot punt waar nuwe rekenaar gekoop moet word.

Watter is die beste as fotos, hoof funksie van rekenaar is, die admin deel is minimaal,...

Skootrekenaar of tafelrekenaar.

Sal die wat baie fotos neem , selfs professionele fotograwe,  se insette baie waardeer,

Views: 72

Reply to This

Replies to This Discussion

Ella daar is vandag so baie rekenaars beskikbaar, maar ek sal ñ skootrekenaar aanbeveel, want jy kan dit orals met jou saamneem. Tegnologires is wat my aanbetref enige rekenaar vandag goed vervaardig en hang dit van jouself af watter een jy wil koop. Kyk maar rond daar is tans baie winskopies beskikbaar!

Nie 'n maklike vraag nie Ella en ek sien Wille beveel Skootrekanaar aan ags dit saam met jou kan beweeg. Dis beslis 'n groot voordeel maar ek vind dat my skootrekenaar se skerm nie  na wense is. My keuse is tafelrekenaar. Maak net seker dat jy ten minste 1TB harde skyf het en genoeg RAM(memory) om jou fotos te kan dra. As jy in RAW en/of beide RAW en Jpeg neem, gaan jy redelik vinnig uit spasie hardloop. Sterkte met die aankope

Ek verkies ook 'n tafelrekenaar (desktop). Hier is die redes - 'n skootrekenaar met dieselfde spesifikasies as my desktop, is naby aan onbekostigbaar duur. Gooi 'n skerm met dieselfde beeldgehalte by, en jy kon op 'n (hele) paar fototrips gegaan het vir daardie geld. Of twee uitstekende L-lense opgetel het...My ou skootrekenaartjie het 'n hele paar jaar terug presies dieselfde gekos as my huidige desktop (wat kringe om hom hardloop - in elke opsig)

Ek verstaan dat die mobiliteit van 'n skootrekenaar vir mense belangrik is, maar fotos is nie 'n inkomsteverdiener vir my nie, en 'n vinnige omdraaityd is nie belangrik nie. Reis is vir my meer as net fotos - ek verkies dat sit en edit nie in reis en kuiertyd inbreuk maak nie - ek kan op 'n reenerige weeksaand by die huis ook edit.

Ongeag van watter een by jou leefstyl pas, die specs is bitter belangrik. Rekenaars mag almal "goed vervaardig" wees, maar die meerderheid van rekenaars op 'n winkelrak gaan bv nie Photoshop se meer komplekse funksies kan hardloop nie. Ek het 'n ruk terug my rekenaar moes vervang, en het met 'n paar fundis gesels om vas te stel wat die absolute minimumvereistes is om Photoshop CC glad te kan laat hardloop. Al se Photoshop wat, 2G Ram gaan jou jou hare uit jou kop laat trek. Ek het 12G RAM (party sal se 8 is genoeg, die ouens wat videos edit, ernstig stitch en hoevlak grafika doen, sal se 16 is te min). Saam met bg en 'n bykomende graphicskaart kry ek redelike goeie resultate (maar daar is nog steeds van PS se funksies ge"grey-out". 1T is genoeg vir my werkende rekenaar hardeskyf, maar as jy baie fotos in RAW neem, gaan dit ook betreklik vinnig uithardloop. Ek gebruik nie my rekenaar se hardeskyf as 'n permanente bereplek nie (daarvoor is daar eksterne hardeskywe, wat veilig weggebere kan woord). As jy die opsie het, gebruik ook 'n addisionele SSD (solid state drive)  om jou programme te hardloop - blitsvinnig!. Dit is egter tans nog bietjie duur om dit as hoekapasiteit stoor te gebruik. (jy kan 'n SSD en gewone HD saam laat installeer)

As jy net 'n skerm wil koop, maar seker jou rekenaar se specs is optimaal vir daardie skerm.

Evetech in Centurion sit vir jou 'n rekenaar volgens jou specs aanmekaar (indien dit prakties uitvoerbaar is). Jy het baie meer opsies by hulle as by matrix en Incredible Connection (lg se verkoopspersoneel weet soms ongelooflik min)

Wat sommige mense doen, is om 'n laptop te koop, wat hulle vir ernstige editing aan 'n losstaande skerm koppel - dit is ook 'n opsie. Besluit wat vir jou werksvloei gaan werk, en besluit op mininum specs, met die oog op moontlike latere opgradering (soos bv RAM)

Hi Ella

Ek dink n goeie "graphics card" is baie belankrik. En dan n goeie skerm.

Hallo Ella, jy het goeie advies gekry; ekself verkies ook my tafel-rekenaar; fotografie vir my ook net stokperdjie; het onlangs groot skerm gekoop en wanneer ons weg is, 'rus' ek sonder redigering.  Doen dus alle redigering by die huis. 

Ella, een ding om in gedagte te hou is dat die Apple rekanaars se skerms beter is as die PC's s'n. As jy bv. net 'n skootrekenaar wil (of kan) koop sal jy beter doen met 'n Apple as met 'n PC. Die PC skootrekenaars se skerms se kleure is nie goed nie. As jy 'n gewone PC soos bv. 'n Acer koop is dit uiters belangrik dat jy 'n goeie groter 'flat screen' skerm bykoop vir redigeringsdoeleindes.  Hulle is deesdae nie duur nie. Dine het goeie raad gegee oor RAM ens. Die opmerkingshieronder oor die tafelrekenaar is in die kol.

Ek wil tog bietjie terugkom op hierdie onderwerp, ek gebruik ñ Acer skootrekenaar al vir die afgelope twaalf jaar sonder enige probleme, sy skerm is perfek wat kleur aanbetref, ek het al agtergekom uit van die mense se kommentare dat daar ñ probleem met hul rekenaars se kleure is, want dit verskil geheel en al van myne. As jy ñ rekenaar uitsluitlik vir fotografie wil gebruik kan jy enige tipe rekenaar gebruik Ella, as jy baie foto's neem en jy wil nie jou hardeskyf oorlaai nie, kry vir jou ñ eksterne hardeskyf waarop jy dan al jou foto's kan aflaai, hulle is nie duur nie, vir ñ goeie Verbatum hardeskyf sal jy tussen R300-R500 betaal afhangende waar jy dit koop. Ek sluit af deur te sê ek lief my skootrekenaar, want ek kan dit selfs as ñ tafel model gebruik!! Ek vertrou jy sal regkom met jou keuse!  

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html