Wide Angle Lense vir my Nikon tydens Europese toer

Ons vertrek oor n maand op n 3 weke toer deur Europa en Britse eilande.  Ek sal baie graag wye fotos van die omgewings wil neem en n fotograaf stel voor ek kry wye veld lense vir die doel.  Ek het eers gaan uitvind en die beste prys wat ek kon kry was in die omgewing van R5500.  

Ek het n Nikor 18 - 55 asook n 70 - 300 mm lens.  Ek gee nie om om n tweedehandse lens aan te skaf nie aangesien my dogter n gekwalifiseerde fotograag is en my sal bystaan om seker te maak dat dit in n goeie toestand is.

Ek luister graag na voorstelle.  Ek is nie fyngevoelig oor Sigma en ander alternatiewe lense nie.

Views: 84

Reply to This

Replies to This Discussion

Na bewering is Sigma se 10 - 22mm f3.5 lens baie goed, en klop volgens sommige fotografietydskrifte in sekere toetse Canon en Nikon se ekwivalente lense vir crop-sensor. Ek het nie ervaring van die lens nie (het Canon s'n gebruik).

Wyehoek is wonderlik vir reis - onthou net die erge distorsie by baie kort fokale lengtes. Hoe verder van die middelpunt van die foto, hoe skewer is die vuurtoring, kerktoring, ens. Dit kan wel in post-prosessering reggestel word, maar 'n deel van die foto gaan uitgecrop word en daar moet voor beplan word. Daar is wel ultrawyehoek-lense wat dit nie doen nie - maar dit is nou superduur terrein...

Ns - dis Sigma 10 - 20mm - my fout!

Dankie Dine. Ek het ook verneem dat Sigma se 10 - 20 n baie goeie opsie is.  Jy bevestig nou iemand anders se aanbeveling ook.  Ek sal nou meer spesifiek daarvoor begin soek.  

Ek het intussen afgekom op lense wat mens op jou bestaande lense vasmaak wat baie goedkoper is.  Net gewonder wat se die lede daarvan en of dit die moeite werd is. Ek hoor graag vn julle.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html