Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ek sukkel met 'n probleem wat skielik verskyn het: my Canon PowerShotS51S se skerm wys wit strepe sodra ek dit aanskakel. As ek die kamera 'n paar x heen en weer, op en af beweeg, verdwyn dit. Weet iemand dalk wat dit sou veroorsaak? Dis beslis nie die ideale toestand vir 'n kamera om in te wees nie...!
Tags:
Permalink Reply by Michael Cronje on May 31, 2012 at 12:11pm Seker maar die screen kabel wat los getrek het... so plat een
Permalink Reply by Charles Whitehead on May 31, 2012 at 10:25pm Elizabeth - ek stem saam met Michael. Iets is los hoewel dit nie jou foto beinvloed nie is dit lastig. Jou kamera het nie dalk geval of gestamp nie ?
Kyk of jy dit dalk nie kan ingee by agente nie. Ek het al gebruik gemaak van Cameratek in Jhb sonder probleme. Bel hulle gerus
Permalink Reply by Elizabeth Kendall on June 1, 2012 at 4:20pm Baie dankie Michael en Charles, ek sal jul raad volg!
Hallo Elizabeth,
U is welkom om die kamera na my te stuur. Ek hanteer herstelwerk op alle tipes kameras en sal met graagte wil kyk wat is fout.
http://fotoskool.co.za/forum/topics/kameras-gediens-of-herstel-in-b...
Groete
Koeta
Permalink Reply by Elizabeth Kendall on June 5, 2012 at 5:01pm Baie dankie Koeta, maar jy is bietjie ver en ek wil graag my kamera sommer weer op dieselfde dag terughê. In Pretoria behoort 'n plek te wees waar ek geholpe kan raak. As jy weet van iemand, sal ek dit waardeer as jy my laat weet. Nogmaals dankie vir jou aanbod. Groete.
Jy is welkom. Ek ken ongelukkig nie iemand daar nie. Ek ontvang gereeld toerusting per pos of "courier" dienste. Dis vinnig hier en terug.
Die probleem klink nie groot nie maar ek weet ook die skerms raak onklaar van tyd tot tyd.
Kontak my gerus en ek sal probeer om ook aanlyn van hulp te wees. Groete daar.
© 2013 Created by Igno van Niekerk.