Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hallo Almal,
Die doel van hierdie groep is vir mense wat hulleself nog as Beginners beskou, en wat na afloop van 'n Beginnerskursus nog slypwerk wil doen, om hier te kom saamgesels en vrae vra wat hulle "versigtig" is om elders te vra. Hier is dus geen dom vrae nie. Net mense wat leer by mekaar.
Ek sal dan ook gereeld nuwe inligting byvoeg.
Started by Igno van Niekerk. Last reply by Gerrie Lambrechts Feb 9. 3 Replies 4 Likes
Nou die van julle wat steeds wonder oor lensopening - hier is 'n baie eenvoudige voorbeeld. Onthou, dat as jou kamera in APERTURE PRIORITY (die A op die draaiwiel) is, dan bepaal jy die…Continue
Started by Igno van Niekerk Oct 28, 2011. 0 Replies 4 Likes
Vandag kyk ons bietjie na die konsep van sluiterspoed. Julle sal onthou dat ek verlede keer vertel het hoe die lig wat ‘n kamera inlaat amper werk soos ‘n yskasdeur wat mens oopmaak. Hoeveel koue by…Continue
Started by Igno van Niekerk Mar 5, 2011. 0 Replies 4 Likes
Kom ons veronderstel jy moet begin deur te besluit watse kamera jy moet koop. Jy kan kies tussen 'n kompakte kamera (mik en druk) of 'n digtitale SLR (op die oog af is die verskil dat hierdie kamera…Continue
Started by Michael Coomans. Last reply by Igno van Niekerk Mar 5, 2011. 1 Reply 0 Likes
Het klaar vergeet hoe stel mens die fokusliggies binne die view finder. Kan iemand help?
Comment
Igno wou nog DANKI se vir die beginners kursus wat ek bygewoon het. Het dit ontsettend geniet. Oefen nog aanmekaar - maar sal graag weer so 'n klas wil bywoon.
Comment by Trudie Basson on June 25, 2012 at 8:14pm Hi almal
Vanaand weer een van daai dom vrae. hoe onthou n mens op watter setting jy n foto geneem het as jy aan die einde van die dag terug kyk na jou fotos? ek het n klompie blomme fotos en party is die agtergrond geblur en party nie. ek het met settings gespeel en nou weet ek nie watter settings gee die blur agtergrond effek nie.
Comment by Trudie Basson on June 2, 2012 at 8:47pm Hallo almal, so bly ek kan my "dom" vrae vra en niemand gaan dink ek is dom nie. Ek gaan oor so m2 weke fotos neem by die Cheetah experience plaas en ek wil weet watter funksie gaan die beste wees om die naby skote te kan neem. ek baie lief vir die SPORT funksie maar wil graag iets anders probeer , te bang om met shutter spoed en apenture te peuter. Gee my asb idees asb.
Hello almal,ek is absoluut mal daaroor om fotos teneem,en begin nou ook meer my kamera verstaan en begin speel met die stellings. ek kon nie die verskil glo in my fotos om net bietjie weg tebly van die "auto" knoppie op my canon en bietjie met die shutter spoed, apeture en f stop tebegin neem nie. ek was altyd maar bang vir die stellings van my kamera, en het eintlik nie veel verstaan wat enigiets beteken het nie. nou moet ek net onthou om hoe om alles tegebruik, en oefen, oefen en meer oefen. ons vriende spot altyd my, want nooi is ek sonder my kamera nie.
ek hoop om sommer baie teleer en nie so dom te voel as my kamera nie altyd wil saam werk met wat ek wil he hy moet doen nie .
lekker naweek verder. Tania
Dankie julle almal, ek voel nou sommer "minder dom". Sodra ek nou geleer het wat is shutter speed, F-nommers, aperture, en al die vreemde termes sal ek my vrae ingooi. Intussen ... laat ek die basiese goed gaan leer.
Comment by Michael Coomans on March 4, 2011 at 5:33pm
Comment by Mariaan van Zyl on March 4, 2011 at 4:51pm © 2013 Created by Igno van Niekerk.
You need to be a member of Basiese Fotografie kursus saamgesels to add comments!