Nou die van julle wat steeds wonder oor lensopening - hier is 'n baie eenvoudige voorbeeld. Onthou, dat as jou kamera in APERTURE PRIORITY (die A op die draaiwiel) is, dan bepaal jy die lensopening/(Aperture), en die kamera bepaal dan die sluiterspoed. Die lensopening weer, bepaal die die diepte van veld - hoe groter die lens oop is (onthou dis breuke), hoe kleiner is die getal.

So hier is dit: (Op die volgende foto stel ek toe die lens op F2.8 - baie lense kan nie so groot oop nie, so jy sal moet loer wat jou lens kan doen, bv F3.6, F5.6 ens). Onthou ook dat as jy lense koop, hoe groter die lens kan oopmaak, hoe duurder sal dit waarskynlik wees. ('n F2.8 lens wat van 70-200mm kan zoem, sal duurder wees as 'n F4 lens wat ook van 70-200 mm kan zoem. Die lens kan immers meer lig inlaat...)

Maar terug na die foto...

Let veral op na die blomme links onder wat redelik uit fokus is. Omdat ek die Aperture gestel het, het die kamera ewe slim die lig gaan lees - en kaboems - ek is veilig, want die kamera stel die sluiterspoed vir 1/320 van 'n sekonde. (Onder 1/60 raak dit gevaarlik om die kamera sonder 'n driepoot te gebruik.

 

Nou goed, wat gebeur as ek die Aperture (Lensopening) een draai toemaak na f4.0...Dis nou soos die ou Chappie Tjokker prentjie - "Kan julle die verskil sien?"

 

Kyk weer na die blommetjie links onder - dit is effe meer in fokus...Omdat die lens nou meer toegedraai is, bepaal die kamera die sluiterspoed nou as 1/160 van 'n sekonde. So, raai wat gaan gebeur as ek die lensopening nog 'n draai meer toedraai - Na F6.3...

Sien hoeveel helderder is die ou stouter links onder nou? Maar die kamera bepaal die spoed en ek is nou al by 1/80 van 'n sekonde...Gaan ons nog 'n draai traai ? Wat van F8? In die ou dae was F8 die goue middeweg...Dalk is dit vandag nog...

Nou ja, dalk die balans tussen voor en agter, maar nou lees die sluiterspoed 1/50 van 'n sekonde...Gevaarligte.

(As jy nou die foto moet neem, maar jy is effe bewerig, onthou dat jy die ISO dalk 'n bietjie kan opstel -meer daaroor later, maar neem net kennis...en neem foto's...wees 'n Tenderpreneur: Neem alles :-))

Op F11, of selfs F14 sien mens baie meer van die agtergrond, maar die kamera is nou al op 1/25 sekonde sluiterspoed...

 

Verstaan julle nou waarom landskapfotograwe driepote gebruik? Hulle soek maksimum diepte van veld (bv F22), maar dit is 'n klein lensopening en die kamera gaan lig moet kry...dit word verhaal deur die sluiterspoed stadiger te maak...en onder 1/60 - wel - Driepoottyd...

 

Maak dit sin?

Wel gaan speel bietjie met julle Aperture priority en laai gerus julle foto's op fotoskool!

 

Groete

Igno

Views: 539

Replies to This Discussion

Hi Igno.

Enige raad sal waardeer word want ek leer nog. Ek het die foto met my Nikon P500 geneem teen 1/30 sluierspoed en F5.3 met 'n ISO van 400. Ek besit nog nie 'n SLR nie, want ek het eers die kamera Januarie gekoop om soveel moontlik te leer voordat ek my keuse maak met die aankoop van 'n SLR.

Dit lyk asof die Nikon P500 net tot by F8.0 kan gaan. Is daar maniere om dit te kan manupileer?

Ps. Baie dankie vir jou inligting en wenke. Ek leer al klaar ongelooflik baie!

Nou eers die deel van die foto-skool ontdek. Baie leersaam, baie dankie.Ek het al probeer om fotos met 'manual' te neem maar vind dat my fotos of te donker of te lig is. Met 'Av' gaan dit beter want die kamera besluit watter spoed is geskik. Gaan nou die res van die kurses lees. Nogmaals dankie vir die inligting

Dankie Igno vir hierdie leersame les met illustrasies, ek moet net hard daaraan werk om te onthou om my kamera te stel, ek is geneig om sommer net foto's te neem.



Gerrie Lambrechts said:

Dankie Igno vir hierdie leersame les met illustrasies, ek moet net hard daaraan werk om te onthou om my kamera te stel, ek is geneig om sommer net foto's te neem.

Dankie Igno,dis mooi gestel

Ek sukkel my nog flou om AV lekker vinnig te gebruik. Elkeen van ISO,Sluiterspoed en F stop maak sin maar die pret begin as als moet saam gesit word om n goeie foto te maak. Met blomme en landskappe en dinge wat stil staan,kan n mens nog speel met n paar opsies.

Die storie verander egter as daar beweging is soos met voels en diere aan die beweeg

Oefen en nogmaal oefen is seker maar die antwoord ne????

Ek wag met groot afwagting vir die volgende Fotoskool Kurses,ek wil dit baie graag doen

Nou R1250.00 betaal vir fotografiese kursus vir beginners en hier kry ek toe sommer alles wat ek wou weet en soek en dit is in die hemelse taal.......AFRIKAANS. :))

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html