Kom ons veronderstel jy moet begin deur te besluit watse kamera jy moet koop. Jy kan kies tussen 'n kompakte kamera (mik en druk) of 'n digtitale SLR (op die oog af is die verskil dat hierdie kamera se lens kan afhaal).

Baie mense kyk na die sogenaamde Megapixels - en dan reken hulle dit is dieselfde, daarom behoort die foto-gehalte ook dieselfde te wees.

 

NEE!

 

In kort: Die digitale SLR kamera het 'n groter sensor waarop hierdie megapixels vasgevang kan word, en at dus baie meer gehalte kan verseker. Selfs in die digitale SLR mark kry ons die sg FULL FRAME sensors teenoor die CROP sensors. Maar daaroor gaan ons later meer gesels.

 

Vir nou, wees verseker dat alhoewel die megapixels dieselfde is, is die digitale SLR met rede heelwat duurder as die digitale kompak kamera.

 

Groete

Igno

Views: 117

© 2014   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html