Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Neels het hierdie forum versoek vir die gebruikers van Canon kameras
Members: 78
Latest Activity: Apr 17
Started by Ronny Meyer. Last reply by Ronny Meyer Jan 29. 8 Replies 0 Likes
Ek het onlangs opgradeer van n 60D met n Sigma 50 x 500 lens na n 7D met n Canon 70 x 200 USM II L Lens, veronderstel om n onverbeterlike kombinasie te wees, om een of ander rede is my fotos net nie…Continue
Started by Kalla Botha. Last reply by Hansie Dec 13, 2012. 4 Replies 0 Likes
Ek is nuut by fotoskool en op hierdie gebied nog 'n ama-mparra. Ek het nog nie my (beter) kamera gekoop nie en wil al begin leer nog voordat ek begin foto's neem!! Het raad nodig - sukkel om finale…Continue
Started by Tania. Last reply by Charles Whitehead Jul 22, 2012. 3 Replies 0 Likes
Want upgrade but not sure, 60D or 7D??????Continue
Started by ISSI POTGIETER. Last reply by ISSI POTGIETER Jun 6, 2012. 14 Replies 0 Likes
Ek soek raad asb. Ek het 'n paar rand en moet 'n besluit meer...Ek het ‘n Canon EOS 350 en ‘n EOS 400D, die 400 het dooie selle op die sensor en ek moet hom laat regmaak. Ek neem baie foto’s en…Continue
Tags: aS
Comment
Comment by Charles Whitehead on February 10, 2013 at 8:28pm 
Comment by Rean3 Keuler-Nortje on February 10, 2013 at 6:07pm Charles, soos jy verduidelik het aan Hettie , ek wil net meer duidelikheid omtrent die 6D vs 7D. Huidiglik neem ek baie sport af en ek wil kyk na die 7D, maar sal dit nog steeds mooi troufotografie asook bv wild foto's neem. Ek het vir my 'n Sigma lens aangeskaf vir die sport. Is daar 'n verskil in die kwaliteit van die foto by die 6D vs 7D, want op die ou end wil mens tog seker die beste resultaat bereik. Kan jy dalk vir my meer leiding gee hieroor.
Comment by Charles Whitehead on February 10, 2013 at 1:06pm Hettie - kyk gerus ook na Photoshop Elements. Dit is Photoshop in die kleine en is ook baie gebruikers vriendelik en glad nie so duur nie.
'n Ander program is ACDSee : http://www.acdsee.com/, maar hy het nie layers nie indien dit vir jou 'n probleem is. Verder is hy ook heel kragtig en veelsydig
Gimp is ook 'n gratis program waarin Igno kursusse gee. Dit lyk asof hy RAW kan lees met sy UFRaw plugin. Ek het net geen ondervinding hiermee nie
Comment by hettie meyer on February 10, 2013 at 8:56am Ek het 'n Canon 650D gekoop, ek neem my fotos in Raw en gebruik Picasa. Picasa kan nie die raw formaat lees nie. Watter ander program kan ek gebruik? Nie Photoshop nie asb. :)
Comment by Charles Whitehead on February 3, 2013 at 10:33am Hi Sonja
Die groot verskil tussem die 6D en 7D is dat die 6D die nuwe laerkoste en kleiner volraam kamera van Canon is terwyl die 7D nog 'n "crop" sensor het. Die 6D is stadiger wat betref raampies/sekond (4,5 teenoor die 7D se 8). Ook het hy minder fokuspunte nl 11 teenoor die 7D se 19 fokuspunte. Die 6D het darem ook heelwat nuwe tegnologie in soos Wi-Fi, 'n baie hoër ISO-strek nl 50-102800, 'n 20.2Mp sensor en verskeie ander
Die groot verskil is maar die grootte van die sensor en sy stadiger raampies per sekonde spoed. Die 6D is nie regtig geskik vir sport of voëlfotografie nie, maar meer vir portrette, ateljee, argitektuur of landskappe. Ook gaan sy kwaliteit van fotos beter wees as die 7D. Daar is darem ook so amper 4 jaar verskil in tegnologie tussen die twee kameras
Die 5D Mk3 is maar die "big daddy" van volraam kameras (die 1Dx uitgesluit) hy het die 1Dx se 61 fokuspunte met 'n raampiespoed van 6 fotos per sekonde en vele ander nuwe tegnologie. Die kwaliteit van sy fotos gaan maar dieselfde wees as die 6D s'n hoewel sy sensor so 2Mp groter is
Ek wil net noem dat ek mal is oor volraam kameras. Die fotos is net anders met 'n amper magiese kwaliteit (kan dit nie regtig verduidelik nie) Die agtergronde word ook maklik uit fokus gegooi met die regte lense. Ook is wyehoek lense lekker wyd. Met lang of zoomlense verloor mens nou wel bietjie van die lens strek.
Met 'n 100-400mm lens op die 6D sal hy presies 100 - 400mm wees, maar op die 7D is hy die ekwavilent van 160 - 640mm lens met 'n crop faktor van 1,6.
Jou keuse berus eintlik dus maar by jou tipe fotografie
Vra gerus indien iets nie duidelik is nie

Comment by Josef Steyn on February 2, 2013 at 3:08pm Sonja, hierdie vraag kan ek nie beantwoord nie, want ek sit in dieselfde dilemma. Charles is goed toegerus om hiermee raad te gee.

Comment by sonja grobler on February 2, 2013 at 2:06pm Baie dankie vir die goeie raad Josef en Charles. Ek het net nog 'n vragie. Die kosteverskil tussen die 6D en die 7D is nie so groot nie. Die sluiterspoed van die 6D is egter baie vinniger. Sal ek eerder die 6D koop? en wat van die 5D? Is die heelwat hoer koste van die 5D die moeite werd?

Comment by Josef Steyn on January 29, 2013 at 9:26am Sonja, Charles het goeie raad gegee. Ek wil iets byvoeg. As jy 'n langer lens koop, sal jy ook in 'n goeie driepoot en kop moet bele, as jy dit nie reeds het nie. Dit is baie moeilik om skerp fotos met hierdie soort lense te neem as jy die kamera in die hand hou. Nog iets wat jy in gedagte kan hou is die gewig van die lens. Die 100-400mm lens is van die ligter lense as mens van lang lense praat. Ek het op die oomblik 'n 300mm, f/2.8 prime lens by my en dit is 'n swaar lens - baie swaarder as die 100 - 400mm. Jy sal met hom uit die hand kan skiet slegs as jy sterk is. (Die lens is ongelukkig nie my eie nie. Een die gaste wat by ons gebly het, het hom hier vergeet - kan jy dit glo)
Koste is, soos Charles genoem het, 'n groot faktor. Die 100-400mm lens kos, laas toe ek gekyk het, ongeveer R16000. Sodra jy na die f/2.8 prime lense toe gaan styg die pryse dramaties.
Sterkte met jou keuse.
Comment by Charles Whitehead on January 28, 2013 at 11:39pm 
Comment by sonja grobler on January 28, 2013 at 9:42pm Ek wil graag die volgende weet. As mens belang stel om voels te fotografeer watter kamera en lens sal die beste wees?
© 2013 Created by Igno van Niekerk.
You need to be a member of Canon Gerbruikers to add comments!