Ek wil binnekort vir my 'n landskap lens aanskaf, maar ek is skoon oorweldig deur al die verskillendes op die mark.  Is daar dalk een wat julle kan aanbeveel?  Ek het 'n Canon 550D, 'n 24-105mm F4 L, 'n 50mm f1.4, die gewone kit lens en 'n Sigma 70-300mm lens.  Ek kort dus nou 'n landskap lens. Ek beplan om heelwat later op te gradeer na 'n 6D, so moet ek een koop wat ek later ook op 'n fullframe kan gebruik, of wat dink julle?

Views: 105

Replies to This Discussion

As jy gaan opgradeer na full-frame, is die 24-70mm f2.0 L - lens 'n uitstekende keuse vir landskappe, maar dit is 'n duur lens.

Baie dankie vir jou voorstel, Dine.  Ek's maar nog dom met lense, ek het reeds 'n 24-105mm F4 L lens.  Sou dit nie omtrent dieselfde wees as bg. nie?  Moet ek nie dalk kyk na iets soos 'n 10-20mm of so iets nie?

Die 24-70 is opties 'n beter lens, en hy kan wyd oopmaak (f2.8 wat baie goed vir 'n zoom is) . As jy egter reeds 'n die 24 - 105 het (lekker vir reis, jy hoef nie so baie lense te ruil nie), sou ek ook eers vir 'n ultra wyehoek zoom gaan. Ek het 'n 10 - 22mm EF-S wat ek nou nog op my ou crop sensor 500D gebruik - en dit is 'n heerlike lens, maar ongelukkig pas hy nie op die nuwe kamera nie. Gelukkig is daar L ekwivalente vir die lens, maar ek moet eers wag dat my bankbestuurder sy bewussyn herwin...

NS - ek het 'n tikfout gemaak met die vorige post - dis f2.8 en nie f2 nie.

Dine Potgieter said:

Hehe Dine, Ek sal ook die bank moet breek as ek alles wil koop wat ek graag wil hê. Ek vra nie veel nie, net 'n paar ou lensies en 'n groter kamera.  So jy sê die Canon 10-22mm is die moeite werd? By my is dit nie net die bankbestuurder wat ek eers uit bewusteloosheid moet kry nie, maar ook my man.  Sal 'n flessie vlugsout onder hul neuse druk!

Die 10 - 22mm is baie lekker vir ultrawyehoek-landskappe, maar hy gaan nie op 'n 6D werk nie. Jy kan altyd 'n L-lens - ek dink daar is 'n 16 - 35mm, sowel as 'n 8 - 15 (maar dis 'n fisheye), koop - hy sal op die crop sensor kamera ook pas, maar hy gaan die beeld sny - so jy 'n mate van wyehoek inboet op die 550D.

'n Ander ding van ultrawyehoek, is die vreeslike distorsie aan die kante - as daar mensgemaakte voorwerpe soos vuurtorings en telefoonpale is, kom dit vreeslik skeef uit, hoe verder weg van die middel hoe erger.

Gee asb vir my die flessie vlugsout as jy klaar is, ek wil ook 'n bietjie gaan shop!

Dit sal dan die 10-22mm wees.  Ek gaan vir 'n hele ruk nog moet wag vir 'n 6D, so ek kan net sowel nou maar dit koop.  Ek hou nie van fisheye nie.  Ek verjaar Maart, so ek sal verskriklik wild skimp.  Ek stuur die flessie, onthou net om hom terug te stuur. 

Baie dankie vir jou hulp. Jy is dierbaar.

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html