Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ek het onlangs na my aftrede, fotografie as ‘n stokperdjie begin en geniet dit reeds baie. Vir die doel het ek ‘n Canon 600D gekoop saam met drie “kit” lense wat bestaan uit ‘n EF-S 18-55mm f/3.5-5.6; ‘n EF 50mm f/1.811 en ‘n EF 75-300mm f/4-5.6 DC. Ondanks my beginner status is ek van mening dat die lense (ten minste van hulle) beperkte vermoëns het aangesien nie een van hulle bevoorbeeld “IS” het nie. Moet ek maar net harder werk aan my vaardighede, of is daar meriete in my stelling? Indien wel , help my groot asseblief met bekostigbare aanbevelings vir die vervanging van die makro lens as ook die 300mm lens. Baie dankie.
Tags:
Hi Sarel - Fotografie bly 'n lekker stokperdjie en daar is baie om te geniet.
Dit is ongelukkig so dat die "kit" lense nie baie hoë gehalte is nie en eintlik net daar is om die fotograaf 'n hupstoot te gee. Mens kan definitief goeie fotos daaruit kry, maar daar is 'n punt waar die lense jou begin frustreer. Die lense is belangriker as die kamera self indien dit by goeie fotos kom. Goeie lense dra jy oor van kamera tot kamera, maar dit kan 'n duur storie raak
Vir eers kan jy jou vaardighede opskerp en sorg dat jou sluiterspoed redelik hoog is om "camera shake" te verminder.
Nie een van jou lense is 'n makrolens in die ware sin nie. Die 75-300mm is 'n veelsydige lens, maar hy is stadig en duur om met goeie kwaliteit te vervang. Vra gerus indien jy meer inligting oor lense verlang - dit is werklik 'n gesprek op sy eie. Indien jy voel jy het die tegniek bemeester kan jy dalk begin kyk na ander lense.
Vra gerus indien jy nog inligting verlang
Charles my opregte dank vir jou uitgebreide kommentaar en advies. Jou aanbevelings is sinvol en ek sal die beginsels verseker toepas met volle oortuiging dat dit wel positiewe resultate sal lewer. Ek sal egter dankbaar wees indien jy wel steeds een of twee lense kan aanbeveel vir toekomstige gebruik. Dit sal my verder motiveer om ‘n standaard te bereik wanneer die aankope dan wel geregverdig kan word. Nogmaals baie, baie dankie vir die hulp!
Jislaaik Charles daar leer ek nou weer n ding of twee met die sluiterspeod storie .....Ek wil ook net n stuiwer in die armbeurs gooi deur te sê dat die 50mm Prime Lens wat saam met die kits kom glad nie onderskat moet word nie .....hy 's lekker vining en leer jou om n bietie te dink waar die zoom lense n mens so n bietjie lui maak.
Dit sluit myself in....wanneer ek die 50mm Prime lens gebruik gaan daar n ander wereld oop van om te dink oor kompsisie ...hy laat jou so bietjie rond beweeg om die regte komposisie te kry maar aitog daai F1.8 is dan so wonderlik....dankie vir nog n les op sy eie Charles....
Oja wanneer plass jy weer n foto of twee asb...Mag Jesus julle seen en bewaar...
Foto Groete
Pierre
Charles, baie dankie vir jou terugvoer. Die wit lense is seker 'n plaas se prys.
Hi Cronje - dis waar wat jy noem dat die lense redelik duur is, maar sien dit as volg :
Omgelukkig het die lenspryse net soos die kamerapryse gestyg met die swak rand en die kostes op die oomblik by ORMS in Kaapstad is as volg : http://www.ormsdirect.co.za/
Groete
Charles my opregte dank vir jou professionele raad en advies. Ek waardeer dit opreg! Ek sal in elk geval werk aan my tegniek met al jou raad in gedagte. Ek glo ek het nog ‘n redelike pad as ‘n leek om te vorder voor ek die volle potensiaal van my lense benut. Intussen weet ek ten minste wat op die kortlys is. Weereens my opregte dank!
Pierre jy is heeltemal korrek oor die 50mm lens en juis daarom het ek spesifiek van net twee lense melding gemaak aangesien ek heel gelukkig is met dit. Dankie ook vir jou opinie.
Cronje dankie vir jou deelname. Soos reeds gemeld, het ek nog heelwat om te leer en sal vir tyd en wyl maar eers oefen met die goeie raad wat Charles gegee het. Indien my skip sou inkom, sal ek dan ten minste weet wat goeie opsies sou wees.
Charles, my (weereens) opregte waardering vir jou raad en advies. Ek volg dit met merkbare verbetering in die kwaliteit van my fotos. Baie dankie!
Charles Whitehead said:
Hi Cronje - dis waar wat jy noem dat die lense redelik duur is, maar sien dit as volg :
- Die foto kwaliteit word hoofsaaklik deur die lense bepaal. Ja, die kamera speel 'n rol met geraas ens, maar ek sal 'n beter kwaliteit foto neem met 'n goedkoop kamera en duur lens as andersom
- Nadat jy die goedkoper lense ontgroei het, moet jy elk geval weer betaal vir 'n duurder en beter lens. Dit was dan beter om maar in die begin 'n beter lens te koop
- Op 'n stadium gaan jy jou kamera ontgroei soos jou fotografie verbeter en vir jou 'n blinker model aanskaf. Jou goeie lense dra jy egter oor na die nuwe kamera
- Duurder lense hou ook langer met 'n stewiger konstruksie
- Ook is die kleure en kontras beter met eksotiese lens bedekkings (coatings).
- Weens die lensbedekkings is die "color abberations" soos "purple fringing" ens baie beter
- Die fokusspoed is ook gewoonlik ligjare vinniger en meer geskik vir aksie of sport
Omgelukkig het die lenspryse net soos die kamerapryse gestyg met die swak rand en die kostes op die oomblik by ORMS in Kaapstad is as volg : http://www.ormsdirect.co.za/
- EF 24-105mm f4 L IS USM - R11 900 (pas op beide crop en full frame)
- EF 70-300mm f4-5.6 IS USM - R17 500 (pas op beide crop en full frame)
- EF-S 15-85mm f3.5-5.6 IS USM - R9 400 (pas net op crop sensor kameras)
Groete
Antoinette said:
Goeie dag
Ek het 'n nuwe canon EOS 650D met lense
EFS 18-55mm
EFS 50mm
EFS 55-250MM en 'n
Sigma DG 150-500mm lens
Moet hulle nou almal leer wat sal julle se is die beste en waar en hoe en vir wat word die ander lense gebruik.
Dit was 'n geskenk van my man en hy het nie geweet wat om te kies nie.
Charles Whitehead said:Hi Cronje - dis waar wat jy noem dat die lense redelik duur is, maar sien dit as volg :
- Die foto kwaliteit word hoofsaaklik deur die lense bepaal. Ja, die kamera speel 'n rol met geraas ens, maar ek sal 'n beter kwaliteit foto neem met 'n goedkoop kamera en duur lens as andersom
- Nadat jy die goedkoper lense ontgroei het, moet jy elk geval weer betaal vir 'n duurder en beter lens. Dit was dan beter om maar in die begin 'n beter lens te koop
- Op 'n stadium gaan jy jou kamera ontgroei soos jou fotografie verbeter en vir jou 'n blinker model aanskaf. Jou goeie lense dra jy egter oor na die nuwe kamera
- Duurder lense hou ook langer met 'n stewiger konstruksie
- Ook is die kleure en kontras beter met eksotiese lens bedekkings (coatings).
- Weens die lensbedekkings is die "color abberations" soos "purple fringing" ens baie beter
- Die fokusspoed is ook gewoonlik ligjare vinniger en meer geskik vir aksie of sport
Omgelukkig het die lenspryse net soos die kamerapryse gestyg met die swak rand en die kostes op die oomblik by ORMS in Kaapstad is as volg : http://www.ormsdirect.co.za/
- EF 24-105mm f4 L IS USM - R11 900 (pas op beide crop en full frame)
- EF 70-300mm f4-5.6 IS USM - R17 500 (pas op beide crop en full frame)
- EF-S 15-85mm f3.5-5.6 IS USM - R9 400 (pas net op crop sensor kameras)
Groete
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by