Goeie dag, Ek het die Canon EOS 1200D, ek is totaal nuut en sal graag bietjie inligting wil he oor bv: is dit n goeie kamera vir fotografie…

Views: 57

Replies to This Discussion

Lizel

Uit die aard van die saak is enige DSLR kamera 'n "goeie" kamera vir fotografie.  Jou model is egter 'n beginner model, en het nie al die "bells & whistles" wat die duurder modelle het nie.

Daar is ook 'n saak om te stel vir Canon kameras teenoor Nikon kameras, en ek kan met redelike sekerheid met jou deel dat jy die moeiliker roete gekies het.  Canon maak wonderlike kameras, maar my persoonlike ervaring is dat Nikon kameras se fotos minder post-processing nodig het.  Dit is egter nie 'n konkrete negatief nie, want hoe minder jou kamera namens jou doen, hoe meer beheer het jy oor die endresultate.

As beginner, is die onus nou op jou om jou kamera te leer ken, te verstaan hoe f-stoppe werk, wat hulle is, en hoe dit jou fotos, en jou fotografie styl kan beinvloed en komplementeer.  f-stoppe en sluier-spoed loop hand-in-hand, en bepaal hoe skerp, sag, en in- of uit fokus jou fotos gaan wees.

Soos wat jy jou kamera leer ken moet jy ook jouself en jou styl ontwikkel, sodat jy beter kan verstaan watter tipe en watter gehalte lense jy gaan benodig.  Lense is duur, so vat jou tyd, kies die regtes.

Daar is hordes fotografie boeke oor styl, samestelling ens.  Vir nou sal ek aanbeveel jy gaan soek na 'n boek oor fotografie as 'n algehele bespreking.  Leer die veld ken, leer jou kamera ken, leer jou lense ken, en leer jouself ken.  Dan kan ons weer gesels.

Hi Lizel

Die Canon 1200D is 'n goeie beginner kamera van Canon en heeltemal perfek vir beginner fotografie. Verder is hy lekker kompak en dra maklik orals rond. Om fotografie beginsels te leer is eintlik enige kamera perfek, veral DSLR kameras. 

Ek weet nie of jy ook die kit lens nl die 18-55mm saam gekry het nie, maar dit is eerder die item wat jy die vinnigste later sal ontgroei.

Doen moeite om die kamera en fotografie te leer ken en groei in die stokperdjie in. Soos jy vorder sal jy dalk wil opgradeer na beter toerusting. Laat weet gerus indien daar nog navrae is

Groete

Charles Whitehead


Louis, wat is die beter een wat ek kan aankoop? en of AS ek by die een hou sal ek die lense wat ek aankoop steeds op die volgende modelle kan gebruik?



Hi Charles

Ek het die 18-55 lens saam gekry, maar het toe ook vir my die 80-300 een gaan by koop, omdat hy bietjie verder zoom, maar nou ek wil "goggas" afneem en nie een van die twee lense kan so naby in detail inzoom nie? enige voorstelle?



Die Canon 1200D is gebruik 'n EF-S montering.  Die EF-S lense pas op al Canon se EOS kameras wat die EF-S montering gebruik.  Canon se duurder kameras gebruik die EF montering.  EF lense pas op al Canon se EOS kameras, maar jy kan nie 'n EF-S lens op 'n EF-montering geruik nie.  Alleman se taal, die goedkoop lense pas nie op die duur kameras nie.

My styl is natuur fotografie, diere en mense.  Dis 'n wye veld.  My eerste kamera was 'n 1000D gewees, en het gekom met 'n EF 18-55mm lens in die boks.  Dis goed vir binne fotografie, waar jou voorwerpe naby aan jou is, asook wye perspektief natuur tonele.  My eerste lens aankoop was 'n 70-300mm Sigma lens, want ek wou diere van verder afstande af kon afneem.  Maar dis 'n beperkte-gebruik lens, en het nie wye toepassing nie.  Die huidige lens wat ek die meeste gebruik is my 18-135mm Canon lens, want hy kan baie naby, en baie ver afneem, en dis ideaal vir my styl.

Jy moet self bepaal wat jy wil afneem, en jou keuse van lens sal daaruit duidelik wees.

Ek wil ook diere, goggas en mense? ek het ook die sigma lens en hy is nie vir my sooo goed nie ek kan nie regtig met hom goggas en voeltjies afneem nie?


Hi lizel

Indien jy na klein goggatjies wil kyk het jy 'n paar opsies

1- Die beste opsie is 'n makrolens, maar dit is ook die duurste opsie. Makrolense laat toe dat jy baie naby kan fokus en sodoende jou vergrotings effek verkry. Gaan loer gerus hier : https://www.ormsdirect.co.za/camera-lenses/lenses-by-category/macro...

2- Jy kan ook extender tubes kry wat tussen jou lens en kamera inpas. Baie goedkoper maar jy verloor geweldig lig : https://www.ormsdirect.co.za/camera-lenses/lenses-by-category/conve...

3 - 'n Derde opsie is dan ook closeup filters wat soos 'n vergrootglas op jou bestaande lens werk en skroef ook vooraan jou lens. Die kwaliteit is nie so hoog nie nie maar dit gaan jou 'n hele ruk besig hou met die wonderlike werels van makrofotografie : https://www.ormsdirect.co.za/camera-lenses/lens-filters/close-up-fi.... Maak net seker van die lens se filtergrootte en koop dan daarvolgens die closeupfilter

Hi Lizel

Jy het 'n baie goeie kamera in die D1200. Ek self het my fotografie ekspedisie met 'n D1000 en Tamron 70-300mm lens begin. Moenie haastig wees nie. Kry eers jou kamera se werks vermoê onder die knie voor jy na die volgende DSLR toebeweeg. Ek het 'n verlengings buis (Extention Tube) saam met die 70-300mm lens  gekoop om die naby goggas af te neem. Hulle is nie baie duur nie en is nie 'n slegte begin punt nie maar dit het beperkte vermoêns.

Die mentor wat my geleer het van fotografie se motto was dit: n kamera kan vervang word nadat jy     10 000 suksesvolle fotos geneem het. Dit moet nou goeie fotos wees wat jy wil hou. Jy moet dit dalk oorweeg om die 80-300mm te verkoop en die 16-300mm lens aan te skaf. Dit is my "be all and end all" Dit doen te alle tye wat ek wil hê dit moet doen en ek hoef nie aanhoudend lense te ruil vir sekere foto opsies nie.

Sterkte met die een maar jy kan tevrede wees met jou D1200. Wees gerus.......as jyCanon bly wanneer jy opgradeer saljou lense pas. Dis net die Eos 6D waar die Sigma en Tamron lense nie pas nie. Vat maar jou lense saam wanneer jy gaan koop.

Groete en lekker speel

Nog iets Lizel - belê maar gerus in 'n stewige driepoot en kry die term "diepte van veld" goed onder die knie !

Daar is baie om te leer. Neem jou tyd en doen moeite om alles te verstaan. Daar is baie kennis orals beskikbaar. Vra gerus vir Dr Google of hier op fotoskool :-)

Ongelukkig is fotografie anders as motor bestuur 'n baie tegniese veld. Hoe meer jy verstaan hoe alles werk, hoe meer gaan jy regkry en hoe beter gaan jou fotos wees en verbeter.

Ek wil net iets terloops hier noem wat jy net in jou agterkop kan hou vir eers. Indien mens in 'n kamera sisteem inkoop, Canon, Nikon, Sony ens koop mens eintlik in die lenssisteem in. Die lense is waar jou foto kwaliteit lê. Later vervang jy die kamera self maar dra die lense oor na jou nuwe kamera.

Soos Elna noem is daar by Canon twee lens monterings, die EF en die EF-S. Die EF pas op alle Canon kameras en die EF-S net op die "crop-sensor" soos die 1200D, 7D ens. Die "Full-Frame" kameras soos die 5D, 6D en die 1DX neem net die EF lense. Indien jy later wil oorgaan na die Ful-frame kameras, belê nou al in die EF montering lense. Doen net jou huiswerk goed en koop die beste kwaliteit lense wat jy kan bekostig. Jy sal later baie dankbaar daaroor wees


Vreeslik dankie vir die raad, ek wardeer dit ontsettend baie! Ek gaan nou uitkyk vir n lens.

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html