Hallo Almal

Ek het na die bespreking oor landskap lense gekyk, maar dit het my nie regtig gehelp nie.  

Ek is in die mark vir 'n wye hoek lens om te gebruik vir individuele en familie portrait foto's, die kit 18-55 maak dit net nie meer nie.  Ek kan egter slegs goedkoper of tweede handse lense bekostig of afbetaal aan 'n lens. Ek soek dus nou julle raad, want daar is soveel opsies in daai kategorie ek weet nie waar om te kyk nie.  Ek het vir nou slegs crop body kameras so dit sal nie saak maak as dit EF-S lense is wat julle vir my kan aanbeveel nie.  Ek is ook oop om na bv. Tamron of Sigma te kyk as hulle goeie lense beskikbaar het, maar ek bly eerder by Canon (ek het reeds een maal met 'n Sigma 'n fout gemaak).

Die volgende tweede handse lense is beskikbaar by verskillende van die bekende aanlyn kamera winkels in SA.

Canon EF-S 17-85 f4-5.6 IS USM @ R2500.00-4200.00 (meer as een beskikbaar, en pas my sak baie goed)

Canon EF-S 18-135 IS STM @ R3800.00 (Pas ook nog my budget)

Canon EF-S 15-85 f4-5.6 IS USM @ R6500.00  (Eintlik duurder as wat ek kan bekostig)

Canon EF 17-40 f4.0 L USM @ R 6999.00 (Ook duurder as wat ek eintlik kan betaal, maar dit is 'n L)

Ek hoor graag wat julle aanbeveel, t.o.v. die bogenoemde lense en ook t.o.v. nuwe vs tweede handse en Canon vs derde party lense.

Views: 131

Replies to This Discussion

Hi Phillip

Ek sien jy het nie veel antwoord gekry nie. Wees baie versigtig vir 'n wyehoeklens op 'n kamera vir portrette asb. Dit is die tipe effek wat neuse vergroot of 'n persoon se gesig of lyf dikkerig laat lyk.

Die ideale portretlens lengte moet so in die omgewing van 80-100 mm wees. Sommige fotograwe hou selfs van die 50mm, maar selfs daar kan jy 'n verskil sien.

Indien jy van 'n vaste fokale lengte praat, hou ek van die 85mm f1.8 lens. Hy is nie duur nie en baie skerp en hoë kwaliteit. Indien jy eksoties wil raak, kyk na die f1.4 of dalk die f1.2 maar die verskil is klein in kwaliteit en lig inlaat vermoë. By ORMS is hy sowat R4600  http://www.ormsdirect.co.za/canon-ef-85mm-f-1-8-usm-lens

Op 'n volraam kamera soos die 5D bly sy fokale lengte 85mm en op die kropsensor kameras (400-700D, 7D ens) is sy fokale lengte gelykstaande aan 136mm teenoor 'n volraam kamera

Vra gerus indien daar nog iets is

Groete

Charles

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html