Information

Canon Gerbruikers

Neels het hierdie forum versoek vir die gebruikers van Canon kameras

Members: 118
Latest Activity: Jul 10

Discussion Forum

Raad asb

Started by Lizel Kosny. Last reply by Lizel Kosny Oct 13, 2016. 10 Replies

Goeie dag, Ek het die Canon EOS 1200D, ek is totaal nuut en sal graag bietjie inligting wil he oor bv: is dit n goeie kamera vir fotografie…Continue

Opgradering van lense

Started by Sarel Huyser. Last reply by Antoinette Jan 19, 2016. 10 Replies

Ek het onlangs na my aftrede, fotografie as ‘n stokperdjie begin en geniet dit reeds baie.   Vir die doel het ek ‘n Canon 600D gekoop saam met drie “kit” lense wat bestaan uit ‘n EF-S 18-55mm…Continue

Wye hoek lens vir Portraits

Started by Phillip Olivier. Last reply by Charles Whitehead Aug 19, 2014. 1 Reply

Hallo AlmalEk het na die bespreking oor landskap lense gekyk, maar dit het my nie regtig gehelp nie.  Ek is in die mark vir 'n wye hoek lens om te gebruik vir individuele en familie portrait foto's,…Continue

Landskap lens

Started by Louisa van Niekerk. Last reply by Louisa van Niekerk Jan 4, 2014. 7 Replies

Ek wil binnekort vir my 'n landskap lens aanskaf, maar ek is skoon oorweldig deur al die verskillendes op die mark.  Is daar dalk een wat julle kan aanbeveel?  Ek het 'n Canon 550D, 'n 24-105mm F4 L,…Continue

Comment Wall

Comment

You need to be a member of Canon Gerbruikers to add comments!

Comment by Dine Potgieter on October 16, 2014 at 10:44pm

Ek dink die groot verskil tussen die twee as dat die 650D 'n "touch-screen" het - as dit belangrik is, kan dit jou keuse beinvloed. Wat die lense betref - ek is nie oortuig dit gaan pas nie, maar 'n goeie handelaar behoort 'n "lens-compatibilty" kaart te he, wat meer kan help. As jy in Pretoria is - die ouens van ODP in January Masilela (was Louis Botha str) is baie oulik en hulpvaardig.

Comment by Juanita Van Loggerenberg on October 16, 2014 at 10:10pm

Hallo almal.

Het bietjie raad nodig. Wil 'n nuwe kamera koop. Het n EOS 300, film kamera met 28-90mm, 75-300mm lense. Wil digitale kamera nou koop. Die rede is dat ek gehoor het die films gaan van die mark af

Wil weet of my lense op die Canon 600DC of op die Canon 650D gaan pas of nie.

Het n keuse tussen Canon 600DC of die Canon 650D en weet nie wat om te kies nie.

Asb as iemand my kan help, sal dit waardeer.

Juanita

Comment by Maronel Steyn on November 28, 2013 at 4:09pm

Sjoe dankie Josef.  Lekker om aan so 'n familie te behoort wat omgee dat jy nie foute maak nie.  

Comment by Josef Steyn on November 28, 2013 at 3:59pm

Dankie Maronel. As jy 'n prys by ORMS gekry het, onthou dat hulle heelwat minder betaal het. Ek dink jy kan so 25% aftrek van hulle vekoopsprys en dan behoort jy nog heelwat bokant hulle aankoopprys te wees. 2de-handse kameratoerusting is nie baie gewild nie. Omdat jy die kamera se geskiedenis ken is dit 'n groot pluspunt en kan jy oorweeg om meer te betaal as wat andersins die geval sou wees. Nog 'n punt om in aanmerking te neem is dat daar binnekort 'n opgradering van die 7D kom en dan sal die huidige model se prys heelwat verlaag. Sterkte met jou besluit.

Comment by Maronel Steyn on November 28, 2013 at 3:39pm

Baie dankie Susan en Kosie vir die inligting.  Charles ek sal beslis vra hoe om dit te doen sodra ek kry.  

Comment by Charles Whitehead on November 28, 2013 at 3:02pm

Maronel - die 2de handse prys vir 'n 7D is in die omgewing van R8500 vir die kamera alleen. Dit is 'n goeie koop en soos jy sien is daar baie tevrede gebruikers. Sorg net dat jy die firmware opdateer met die nuutste weergawe 2.03. Vra gerus indien jy nie weet hoe nie

Comment by Kosie Smith on November 28, 2013 at 2:08pm

Maronel, ek geniet my 7D baie. Jy kan ook op OLX kyk.

Comment by Susan on November 28, 2013 at 1:37pm

Maronel, ek wil net sê dat jy nie 'n fout sal maak om die 7D te koop nie. Sterkte

Comment by Maronel Steyn on November 28, 2013 at 10:39am

Bsie dankie vir die inligting Josef en dat jy terug gekom het na my toe.  Ek waardeer jou moeite en sal beslis so maak.  Ek het nie geweet hulle het 2de-handse toerusting ook nie. 

Comment by Josef Steyn on November 28, 2013 at 10:11am

Maronel, ek stel voor jy skakel 'n plek soos ORMS. Hoor of hulle 'n tweedehandse 7D te koop het en wat hul prys is. Dit sal jou 'n goeie idee gee. Die 7D is 'n goeiekamera. Jy sal hul tel no kry by www.orms.co.za Ek weet hulle hoy 2de-handse toerusting aan.

 

Members (118)

 
 
 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html