Information

Canon Gerbruikers

Neels het hierdie forum versoek vir die gebruikers van Canon kameras

Members: 118
Latest Activity: Jul 10

Discussion Forum

Raad asb

Started by Lizel Kosny. Last reply by Lizel Kosny Oct 13, 2016. 10 Replies

Goeie dag, Ek het die Canon EOS 1200D, ek is totaal nuut en sal graag bietjie inligting wil he oor bv: is dit n goeie kamera vir fotografie…Continue

Opgradering van lense

Started by Sarel Huyser. Last reply by Antoinette Jan 19, 2016. 10 Replies

Ek het onlangs na my aftrede, fotografie as ‘n stokperdjie begin en geniet dit reeds baie.   Vir die doel het ek ‘n Canon 600D gekoop saam met drie “kit” lense wat bestaan uit ‘n EF-S 18-55mm…Continue

Wye hoek lens vir Portraits

Started by Phillip Olivier. Last reply by Charles Whitehead Aug 19, 2014. 1 Reply

Hallo AlmalEk het na die bespreking oor landskap lense gekyk, maar dit het my nie regtig gehelp nie.  Ek is in die mark vir 'n wye hoek lens om te gebruik vir individuele en familie portrait foto's,…Continue

Landskap lens

Started by Louisa van Niekerk. Last reply by Louisa van Niekerk Jan 4, 2014. 7 Replies

Ek wil binnekort vir my 'n landskap lens aanskaf, maar ek is skoon oorweldig deur al die verskillendes op die mark.  Is daar dalk een wat julle kan aanbeveel?  Ek het 'n Canon 550D, 'n 24-105mm F4 L,…Continue

Comment Wall

Comment

You need to be a member of Canon Gerbruikers to add comments!

Comment by Maronel Steyn on November 28, 2013 at 8:51am

Ek wonder of een van julle my raad kan gee.  Ek het die geleentheid om iemand se Canon 7D oor te neem.  Sy het dit baie min gebruik.  Ek wil egter weet of iemand my kan help met 'n prys vir net die body. 

Comment by Josef Steyn on November 6, 2013 at 12:13pm

Johan, skryf direk vir my by  josefmsteyn@gmail.com

Comment by Josef Steyn on November 6, 2013 at 9:59am

Johan, Skiet jy in RAW of JPEG? Die AWB kan dalk ook 'n bydrae lewer, maar die gebruik daarvan gee meer dikwels tot ongewensde kleur effekte as die dowwigheid wat jy beskryf.

Nog 'n vraag: Gebruik jy 'n UV filter op jou lens en indien wel, is dit 'n top-klas een?

Laaste vraag/opmerking: Ek neem aan jy het gekyk of daar nie dalk iets op jou lens/UV filter gepresipiteer het nie. Dit kan gebeur in vogtige/besoedelde lug omgewings.

Comment by Charles Whitehead on February 10, 2013 at 8:28pm
Rean - dis nie 'n maklike antwoord nie, en jy sal uiteindelik moet keuses maak. Indien ons slegs van Fotokwaliteit praat gaan die 6D die beste keuse wees. Nuwer sensor en ander tegnologie asook die volraam sensor gaan jou hoë kwaliteit fotos met minder geraas gee. Die kamera se burst-spoed gaan jou met sport definitief pla. Ek weet van fotograwe wat stadige kameras gebruik vir sport, maar jy kan nie net "masjiengeweer" nie. Met 'n stadiger kamera moet jy sterk klem daarop lê om die foto te antisipeer en op die regte oomblik te neem. Dit is 'n styl van fotos neem (sport) wat jy sal moet aanleer. Ook sal jy jou sport goed moet ken om te weet waar die fotos lê

Die 7D se burst spoed is heelwat vinniger. Teen einde verlede jaar het Canon die 7D se firmware opgedateer met weergawe 2. Dit het verskeie verbeteringe gebring waaronder 'n dieper buffer wat meer fotos in die kamera stoor terwyl die fotos nog na die geheuekaart geskryf word. Dit is beter geskik vir sport. Ook is die 7D al meer as 3 jaar oud en in kameraterme noual 'n senior burger. Dis glad nie te së hy kan nou skielik nie meer fotos neem nie, inteendeel is hy nog baie gewillig. Hy gaan bietjie meer noise in sy fotos hê en sy crop-sensor gaan nou nie heeltemal dieselfde kwaliteit as die 6D lewer nie. Dit is dalk nie so belangrik vir jou nie en net jy kan hier 'n keuse maak.

Die Sigma lens wat jy hier aangeskaf het kan jou dalk ook effens pootjie indien jy die beste kwaliteit verwag. Ek noem dit slegs omrede daar al verskeie gesprekke hieroor op Fotoskool was.

Die 7D sal definitief werk vir troufotografie. Igno neem baie troues met sy 7D af en daar is niks verkeerd nie. Die fotograaf moet egter bewus wees van sy kamera se tekortkominge en daarom werk. Sterkte met jou keuses
Comment by Rean3 Keuler-Nortje on February 10, 2013 at 6:07pm

Charles, soos jy verduidelik het aan Hettie , ek wil  net meer duidelikheid omtrent die 6D vs 7D. Huidiglik neem ek baie sport af en ek wil kyk na die 7D, maar sal dit nog steeds mooi troufotografie asook bv wild foto's neem. Ek het vir my 'n Sigma lens aangeskaf vir die sport. Is daar 'n verskil in die kwaliteit van die foto by die 6D vs 7D, want op die ou end wil mens tog seker die beste resultaat bereik. Kan jy dalk vir my meer leiding gee hieroor.

Comment by Charles Whitehead on February 10, 2013 at 1:06pm

Hettie - kyk gerus ook na Photoshop Elements. Dit is Photoshop in die kleine en is ook baie gebruikers vriendelik en glad nie so duur nie.

'n Ander program is ACDSee : http://www.acdsee.com/, maar hy het nie layers nie indien dit vir jou 'n probleem is. Verder is hy ook heel kragtig en veelsydig

Gimp is ook 'n gratis program waarin Igno kursusse gee. Dit lyk asof hy RAW kan lees met sy UFRaw plugin. Ek het net geen ondervinding hiermee nie

Comment by hettie meyer on February 10, 2013 at 8:56am

Ek het 'n Canon 650D gekoop, ek neem my fotos in Raw en gebruik Picasa. Picasa kan nie die raw formaat lees nie. Watter ander program kan ek gebruik? Nie Photoshop nie asb. :)

Comment by Charles Whitehead on February 3, 2013 at 10:33am

Hi Sonja

Die groot verskil tussem die 6D en 7D is dat die 6D die nuwe laerkoste en kleiner volraam kamera van Canon is terwyl die 7D nog 'n "crop" sensor het. Die 6D is stadiger wat betref raampies/sekond (4,5 teenoor die 7D se 8). Ook het hy minder fokuspunte nl 11 teenoor die 7D se 19 fokuspunte. Die 6D het darem ook heelwat nuwe tegnologie in soos Wi-Fi, 'n baie hoër ISO-strek nl 50-102800, 'n 20.2Mp sensor en verskeie ander

Die groot verskil is maar die grootte van die sensor en sy stadiger raampies per sekonde spoed. Die 6D is nie regtig geskik vir sport of voëlfotografie nie, maar meer vir portrette, ateljee, argitektuur of landskappe. Ook gaan sy kwaliteit van fotos beter wees as die 7D. Daar is darem ook so amper 4 jaar verskil in tegnologie tussen die twee kameras

Die 5D Mk3 is maar die "big daddy" van volraam kameras (die 1Dx uitgesluit) hy het die 1Dx se 61 fokuspunte met 'n raampiespoed van 6 fotos per sekonde en vele ander nuwe tegnologie. Die kwaliteit van sy fotos gaan maar dieselfde wees as die 6D s'n hoewel sy sensor so 2Mp groter is

Ek wil net noem dat ek mal is oor volraam kameras. Die fotos is net anders met 'n amper magiese kwaliteit (kan dit nie regtig verduidelik nie) Die agtergronde word ook maklik uit fokus gegooi met die regte lense. Ook is wyehoek lense lekker wyd. Met lang of zoomlense verloor mens nou wel bietjie van die lens strek.

Met 'n 100-400mm lens op die 6D sal hy presies 100 - 400mm wees, maar op die 7D is hy die ekwavilent van 160 - 640mm lens met 'n crop faktor van 1,6.

Jou keuse berus eintlik dus maar by jou tipe fotografie

Vra gerus indien iets nie duidelik is nie

Comment by Josef Steyn on February 2, 2013 at 3:08pm

Sonja, hierdie vraag kan ek nie beantwoord nie, want ek sit in dieselfde dilemma. Charles is goed toegerus om hiermee raad te gee.

Comment by sonja grobler on February 2, 2013 at 2:06pm

Baie dankie vir die goeie raad Josef en Charles.  Ek het net nog 'n vragie.  Die kosteverskil  tussen die 6D en die 7D is nie so groot nie.  Die sluiterspoed van die 6D is egter baie vinniger.  Sal ek eerder die 6D koop?  en wat van die 5D? Is die heelwat hoer koste van die 5D die moeite werd?

 

Members (118)

 
 
 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html