Information

Canon Gerbruikers

Neels het hierdie forum versoek vir die gebruikers van Canon kameras

Members: 118
Latest Activity: Jul 10

Discussion Forum

Raad asb

Started by Lizel Kosny. Last reply by Lizel Kosny Oct 13, 2016. 10 Replies

Goeie dag, Ek het die Canon EOS 1200D, ek is totaal nuut en sal graag bietjie inligting wil he oor bv: is dit n goeie kamera vir fotografie…Continue

Opgradering van lense

Started by Sarel Huyser. Last reply by Antoinette Jan 19, 2016. 10 Replies

Ek het onlangs na my aftrede, fotografie as ‘n stokperdjie begin en geniet dit reeds baie.   Vir die doel het ek ‘n Canon 600D gekoop saam met drie “kit” lense wat bestaan uit ‘n EF-S 18-55mm…Continue

Wye hoek lens vir Portraits

Started by Phillip Olivier. Last reply by Charles Whitehead Aug 19, 2014. 1 Reply

Hallo AlmalEk het na die bespreking oor landskap lense gekyk, maar dit het my nie regtig gehelp nie.  Ek is in die mark vir 'n wye hoek lens om te gebruik vir individuele en familie portrait foto's,…Continue

Landskap lens

Started by Louisa van Niekerk. Last reply by Louisa van Niekerk Jan 4, 2014. 7 Replies

Ek wil binnekort vir my 'n landskap lens aanskaf, maar ek is skoon oorweldig deur al die verskillendes op die mark.  Is daar dalk een wat julle kan aanbeveel?  Ek het 'n Canon 550D, 'n 24-105mm F4 L,…Continue

Comment Wall

Comment

You need to be a member of Canon Gerbruikers to add comments!

Comment by Antheny Esterhuizen on August 19, 2011 at 11:00am

Dankie Charles, ek sal oor die naweek weer bietjie met die tubes speel & Maandag 'n foto oplaai. Ek moet vir julle & al die ander lede op die website se baie dankie, ek leer regtig baie op die site.

Comment by Charles Whitehead on August 19, 2011 at 10:28am

As iemand jou afraai om die 100mm makrolens te koop sal ek graag die rede daarvoor wil hoor (miskien is daar so bietjie onkunde in daai stelling). Omrede dit 'n "prime" lens is, is hy ongelooflik skerp en is definitief een van Canon se skerpste lense. Eintlik is enige makrolens een van die skerpste lense wat jy kry van enige vervaardiger.

 

Ek het beide die ouer generasie 100mm asook die nuwe generasie met die stabilizer. Kwaliteit gewys gaan jy sukkel om skerper te kry.

 

Hou net in gedagte dat die 100mm-makro nie NET 'n makrolens is nie, maar ook 'n baie goeie portret lens uitmaak.

 

Indien jy die tubes saam met 'n driepoot gebruik, behoort lig nie regtig 'n probleem te wees indien jy so bietjie met die ISO speel nie. Is dit nie dalk die vlak diepte van veld wat jou pla nie ? Wil jy nie dalk ook 'n foto laai sodat ek 'n opinie kan uitspreek nie ?

Comment by Antheny Esterhuizen on August 19, 2011 at 9:38am
Baie baie dankie Charles. Ek sukkel baie met lig as ek die extention tubes gebruik & sal bitter graag wil he dat iemand my bietjie kan wys hoe om daar te verbeter. Ek het al gekyk na canon se 100mm macro lens, maar baie mense se weer ek moenie die lens koop nie.
Comment by Charles Whitehead on August 19, 2011 at 9:30am

Antheny

Ek gebruik self die 17-40 L F4 en kan getuig van sy kwaliteit. Uit die aard van die saak gaan jy distortion kry, maar dis mos maar in die aard van 'n wyehoek lens. Jy kan hom gerus oorweeg.

 

Extention tubes het sy plek in makrofotografie, maar niks vervang 'n doelgerigte makrolens nie. Die tubes veroorsaak 'n ongemaklike vlak diepte van veld wat soms nie wenslik is nie - ek lei af dit is jou probleem. Ook moet jy vanselfsprekend 'n driepoot gebruik. Gebruik maar net die kleinste tube wat jy het en fokus met die hand. Jy kan dan gerus jou kamera na f16-f22 verstel.

Comment by Antheny Esterhuizen on August 19, 2011 at 8:55am

Ek brand om die 17-40mm f4 te koop......is dit 'n goeie lens? Ek het op die oomblik die 70-200mm f2.8 II & ek is baie tevrede met die lens. Ek het ook extention tubes vir my gekoop die ander dag vir macro doeleindes, maar ek kom nie so lekker reg nie. Het iemand miskien vir my raad oor hoe om die tubes ten volle te gebruik. 083 704 0337

Comment by Gerrie van Vuuren on July 5, 2011 at 4:55pm
Ditto Charles op skerpheid & waarde vir geld.
Comment by Josef Steyn on July 4, 2011 at 5:56pm
Neels, Ek het 'n 50mm f1.4 lens en dit is 'n pragtige skerp lens. Dit is heelwat vinniger as die f1.8 en alhoewel dit duurder is, is dit die geld werd.
Comment by Charles Whitehead on July 4, 2011 at 3:39pm

Neels

Die lens wat jy van praat is 'n "prime" lens, en hulle is meestal (99%) skerp. Ek het ook so lens in my arsenaal en dis baie goeie waarde vir geld .

Indien jy baie portret fotos neem kan jy hom gerus oorweeg.

 

Members (118)

 
 
 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html