Ek het so pas aangesluit by hierdie groep en ek kry die indruk dat slegs een persoon deelneem en die groep gebruik om groot getalle fotos te laai waarskynlik met die doel om kommentaar te verkry. Mag ek die voorstel maak dat  fotos wat hier gelaai word (verkieslik slegs een of maksimaal twee op 'n slag, of meer, slegs as dit noodsaaklik is om 'n spesifieke tegniek te illustreer), geplaas word met 'n spesifieke doel, soos bv om raad te kry oor die oplos van 'n spesifieke probleem of om raad te gee oor 'n spesifieke probleem of om 'n spesifieke tegniek te illustreer of om raad te vra of te gee oor komposisie tegnieke. Ek is van mening dat die Fotoskool hoofbladsy die plek is om fotos te laai as slegs kommentaar verlang word.

Juan se seetonele is pragtig, maar vir my sou dit van baie meer waarde wees as hy een of twee kies en aan die hand daarvan bespreek wat sy kamera instellings was, watter apparaat hy gebruik het, watter komposisie oorwegings gegeld het ens..

Juan, jy is veels te beskeie oor jou fotos. Jy kan meeste Fotoskolers bae leer oor die neem van seetonele. Ek gaan oor 'n week of twee by die see wees en ek het nog nooit die see afgeneem nie. Ek sien uit daarna om by jou te leer wat om te doen. Beskou hierdie as 'n uitnodiging om my touwys te maak.

Ek hoor graag die lede van die groep se mening oor hierdie saak.

Views: 225

Replies to This Discussion

Ek stem heeltemal saam met hierdie, die idee was om fotos op te laai sodat mense vra kan vra oor wat ek doen en dat mense fotos sal oplaai sodat ander ook iets nuuts kan leer maar dit lyk asof net ek fotos oplaai en niemand vra juis enige vra nie oor die foto nie. Ek is onseker wat sommige fotograwe reeds weet en wat hulle nie weet nie.

Net soos ander fotograwe, weet niemand alles nie, so ek hoop om ook so paar dinge te leer op hierdie groep.



Dankie vir jou reply Juan en dat jy bereid is om met ons te deel. Ek dink mense vra nie vrae nie omdat hulle nie seker is hoeveel jy bereid is om te deel nie. Hulle wil jou dus nie in 'n posisie plaas dat jy moet aandui dat jy nie jou tegnieke wil deel nie. Wat ek dus sou voorstel is dat jy een van jou fotos kies en dit dan bespreek ten opsigte van kamera verstellings en moontlike Photoshop werk wat jy gedoen het. Ek is van mening dat wat seetonele betref, jy die kenner en ekspert is en ons wil almal van jou leer. Hou ook in gedagte dat sommige van die lede van hierdie groep juis by die groep aangesluit het om te leer en dat hulle op die stadium dalk nie in staat is om 'n bydrae ten opsigte van gevorderde tegnieke te maak nie. (Ek gebruik myself hier as voorbeeld). 

Tweedens is my ondervinding dat heelwat mense, wanneer hulle by so 'n groep aangesluit het, van mening mag wees dat die tegnieke wat hulle reeds bemeester het, algemene kennis is en dat hulle mag dink dat hulle om daardie rede nie 'n wesenlike bydrae kan maak nie.

Van my kant af versoek ek dus dat jy jou kennis, soveel as wat jy bereid is om te verskaf, met ons sal deel oor oor die afneem van seetonele. Ek sal enige bydrae van jou kant af baie waardeer.

Aan die ander lede van die groep wil ek die uitnodiging rig dat hulle, waar hulle voel dat hulle 'n "gevorderde tegniek" onder die knie het, dit sal deel met die res van die groep.  

Aan die onervare fotograwe is my versoek dat hulle vrae moet vra oor tegnieke wat hulle raakloop maar nog nie bemeester het nie. Ek is seker die ervare fotoskolers sal help.

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html