Nou ja, laat ek my maar in die landskap fotografie ook begewe. Ek en my vrou het vir twee weke in Maart 2012 in die Suide van Namibia rondgery, 'n workshop deur twee professionele fotograwe rakende landskap fotografie bygewoon en daarna ons eie ding gedoen. Dit was my eerste ernstige kontak/probeerslae in landskap fotograwie - so laat ons maar sien hoe dit gaan.

Views: 798

Replies to This Discussion

Dag 1, foto 1:

Die middag het ons ons eerste trip gehad en 'n duin by die Drifters' lodge gaan uitklim. Ongelukkig was daar die dag net geen wolke nie. Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/100, focal lenght = 17mm, WB = sunlight, exposure = 0.

Dag 1 foto 2:

Op dieselfde duin as foto 1 laat die middag.

Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/50, focal lenght = 28mm, WB = sunlight, exposure = 0, on tripod.

Dag 1 foto 3: Ek het nie beplan om 'n derde foto te plaas nie, maar die kommentaar van Martha (dankie) het my genoodsaak om gou nog 'n foto te ontwikkel. Nogsteeds op dieselfde duin, net uit 'n ander hoek (op my kniee gegaan).

 

Dag 2 foto 1:

 

Weereens het die wolke ons die oggend van die tweede dag in die steek gelaat. Tog was daar 'n paar opportunities. Hier het ek vier fotos opmekaar geplaas om al die kleure reg te kry. Nikon D3s, Nikon 17x35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, WB = sunlight, exposure = 0, verskillende sluiterspoed gebruik (5 stop bracketting met 5 fotos), op 'n driepoot.  

 

Dag 3 foto 1:

Die oggend van die derde dag het ons darem met wolke verras.  Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f14, ISO200, 1/40, focal lenght = 35mm, WB = sunlight, exposure = 0, op driepoot.

 

 

Dag 2 Foto 2:

Oops, ek het vergeet om die middag van Dag 2 op te laai. Hier ek ek weer twee fotos geneem en opmekaar in Photoshop geplaas. Foto 1 was 1/13 van sek vir die voorgrond (helder gras en sand met genoeg detail) en foto 2 was 1/25 van sek met exposure van -1 vir die wolke (donker wolke met detail in die wolke). Nikon D3s, Nikon 17x35mmf2.8 lens, ISO200, f11, manual mode, WB = sunlight, op driepoot.

Dag 2 foto 3:

Nogsteeds tussen dieselfde duine gedurende die middag van dag 2. Hier het my vrou my gehelp met een van haar filters (moet nie vra watter een nie) - die rede vir die stadig sluiterspoed (1/5). Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/5, focal lenght = 17mm, WB = sunlight, exposure = 0. Op driepoot met cable release.

 

 

Dag 3 foto 2:

Nou ja, nou kan ons oorgaan na dag 3 (ek het alreeds vroeer een foto geplaas). Nogsteeds vroeg die oggend (07H42) net na die son opgekom het - laaste van die "golden hour". Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/25, focal lenght = 32mm, WB = sunlight, exposure = 0. Op driepoot.

 

 

Dag 3 foto 3:

Foto geskiet gedurende die middag sessie van die derde dag. Gelukkig het die wolke kom kuier. Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/30, focal lenght = 17mm, WB = sunlight, exposure = 0. Op driepoot, 17H43, nogsteeds op die plaas van Drifters Lodge.

Dag 4 foto 1:

Die oggend sessie van Dag 4 het die foto opgelewer. Ons moes 'n vulkaniese koppie uitklim (geen grond - net klippe) en toe moes jy sit en wag vir die son om op te kom. Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/200, focal lenght = 35mm, WB = sunlight, exposure = 0, op driepoot.

 

 

Dag 4 foto 2:

Net om die geweldige effek van lig te illustreer. Hierdie foto is gedurende dieselfde oggend as die vorige foto (Dag 4 foto 1) geneem. Ons het net 'n bietjie hoer op teen die kop beweeg. Die tyd van hierdie foto was 07h41 en die vorige een 07h09. Maak jou eie gevolgtrekking. Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/25, focal lenght = 17mm, WB = sunlight, exposure = 0, op driepoot.

 

Dag 4 foto 3: Sonsondergang oor Chocolate Mountain (vulkaniese koppie wat alleen in die veld staan) nogsteeds naby Drifters' lodge. 'n Mens stel jou kamera vroeg op terwyl die hele mountain in son gehul is. Dan begin jy fotos neem soos die son sak en net gedeeltes van die mountain belig. Interessante voorkoms. Nikon D3s, Nikon 17-35mmf2.8 lens, manual mode, f11, ISO200, 1/50, focal lenght = 17mm, WB = sunlight, exposure = 0, op driepoot met cable release.

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html