Information

Landskapfotografie

Kom deel gerus jou landskapfoto's in hierdie groep...

Members: 89
Latest Activity: Oct 13, 2016

Discussion Forum

Suide van Namibia trip Maart 2012

Started by Willem Kruger. Last reply by Christa Snyman Aug 14, 2013. 25 Replies

Nou ja, laat ek my maar in die landskap fotografie ook begewe. Ek en my vrou het vir twee weke in Maart 2012 in die Suide van Namibia rondgery, 'n workshop deur twee professionele fotograwe rakende…Continue

Foto's se grote

Started by Susan. Last reply by Hannelie Le Cornu Mar 24, 2012. 2 Replies

Hi julle, ek weet nie of is dit net my rekenaar nie, maar die foto's wat ek sien van almal op landskap se groep is almal "ingedruk".  Die foto kom nie heeltemal tot sy reg nie.IS DIT NET BY MY OF…Continue

Comment Wall

Comment

You need to be a member of Landskapfotografie to add comments!

Comment by Susan on June 6, 2012 at 9:23am

Phillip, jou 2 landskap foto's net so mooi, veral die een met die boompie voor die rooi son. Mal daaroor.

Comment by Susan on June 6, 2012 at 9:21am

Schalk, die 2 foto's van Kubu is pragtig. Wys jou net wat se effek die lig het verskillende tye van die dag.

Comment by ISSI POTGIETER on June 6, 2012 at 9:13am

Willem, wil jy nie asb. vir ons ‘n paar lesse gee en dit illustreer met foto’s nie!

Comment by Hannelie Le Cornu on May 24, 2012 at 12:33pm

Dankie Willem! Ek sal weer probeer!

Comment by Lian van den Heever on May 23, 2012 at 7:41pm

Comment by Willem Kruger on May 22, 2012 at 9:32pm

Hi Hannelie, baie interessante mikro landskap wat jy hier vir ons geplaas het. Interessante komposisie met die lang gras voor in die foto met die kort gras in die middel agter die lnag gras - ek hou nogal daarvan. Ook die langerige gras aan die linker kant wat 'n tipe van 'n driehoek vorm. Ek sou net 'n bietjie meer van die lang gras voor wou afgeneem het en die donker gras daar agter uitgesny het. Maar dit is net my opinie. Keep it coming  

Comment by Willem Kruger on May 22, 2012 at 7:30pm

A, die tweede rots fot lyk great. Nice skerp in fokus voor en geblur in die agtergrond - ek hou daarvan. Mense mag dalk nie van die helder geblurde kolle in agtergrond hou nie - mag 'n bietjie steurend wees. Komposisie lyk goed.

Comment by Willem Kruger on May 22, 2012 at 7:27pm

Die rotse (ek neem aan dit is rotse met 'n tipe van makro fotografie):

1ste rots - ek hou van die kleure wat jy vasgevang het asook die lyne wat van regs onder na links bo loop. Kon dalk miskien die foto geswaai het sodat 'n mens se oog van regs na links loop. Weet nie of dit sal werk nie. Ook lyk die foto net so lekker skerp in fokus nie. En Prof Hennie sê altyd fokus en skerpheid is baie belangrik in makro. Deur 'n bietjie in Photoshop met die kleur versadig, sal die wow faktor uitkom. 

Comment by Willem Kruger on May 22, 2012 at 7:13pm

Hi julle - ek sal graag kommentaar wil lewer op fotos, maar dit is baie moeilik indien geen agtergrondsinligting en kamerstelling (ek weet dit is nie altyd moontlik nie) verskaf word nie. Maar hier gaan ons en ek is nie 'n expert nie - net my eerlike opinie.

Waterval - great idee vir 'n foto en algemeen goed vasgevang. Die afsny van boonste rots links bo pla 'n bietjie, maar ek weet nie of jy iets daaraan kon gedoen het nie. As alternatief kon jy 'n stadige sluiterspoed gebruik het om die water wat val, daardie melkerige smooth voorkoms te gegee het. Nogtans hou ek baie van die trap effek van die verskillende watervalle. Jy het dit goed vasgevang. 

Comment by Hannelie Le Cornu on May 22, 2012 at 6:05pm

 

Members (89)

 
 
 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html