Information

Makro Fotografie

Hier deel ons makro-foto's met mekaar...

Members: 65
Latest Activity: Jun 25

Discussion Forum

Hotentot

Started by Lizel Kosny Jan 9, 2017. 0 Replies

Continue

Help asseblief !

Started by Marisa Barnard. Last reply by Attie Claassens Jun 23, 2016. 5 Replies

Goeie dag .Ek het 'n bietjie raad nodig asseblief .Ek wil begin met Makro fotografie , maar ek is nog onseker oor watter lens/e om aan te skaf .Ek het 'n Canon 650d kamera .As enige iemand my dalk…Continue

Makro lens

Started by Leon. Last reply by Josef Steyn Feb 15, 2016. 6 Replies

Graag wil ek hoor of iemand kan raad gee om 'n makro lens aan te skaf. Ek het 'n Nikon D3200. Ek kyk na 'n Nikon 40mm F2.8 Sal dit 'n gepaste lens wees.Ek het nie baie kennis met die tipe lense nie…Continue

Makro lens

Started by Erika Kotze. Last reply by Erika Kotze Sep 7, 2014. 4 Replies

Kan julle my asb raad gee oor 'n goeie makro lens vir Canon D70.  Wil net nie plaas verkoop om te kan bekostig nie!!;-))Continue

Comment Wall

Comment

You need to be a member of Makro Fotografie to add comments!

Comment by Liz on June 25, 2018 at 5:36pm

Hi almal! Eks tans op ‘n uitgebreide oorsese toer daarom is ek afwesig! Dankie Josef en ander dat jul help met info!!!

Comment by Hannes Claassens on March 31, 2018 at 9:33pm
Hi Josef, baie dankie vir jou meening. En moenie bekomerd wees nie, ek sien dit glad nie as aanvalend nie. Ek is 'n beginer en het baie om te leer by ervare mense soos julle. Tot nou toe was ek maar alleen in my rys om klein gogatjies en goedjies af te neem met niemand om my te help nie en ek het my self geleer (en baie gegoogle) met 'n stywe begroting ook.

Oor die photoshop en Lightroom..
Ek gebruik dit self baie en ek dink dis noodsaaklik om jou self op te lei in die gebruik daarvan as jy foto's wil op lewer soos die wat ons op die internet en boeke sien.

Ek is net iemand wat lief is vir die veld en om goggas in hulle mees natuurlikste omstandighede af te neem...my probleem is met mense wat goggas dood maak en vas steek iewers sodat hulle 150 fotos kan neem teen 1:10 vergrooting om te "stack". Daar is sekerlik plek vir sulke tiepe fotos veral vir navorsing maar ek glo hierdie mense kan nie 'n wilde skoenlapper bekruip deur die veld of plat op grond tussen die mierie lê om 'n goggatjie af te neem nie.

Ek is net so bly iemand het my van die blad vertel waar ek met mense kan gesels en meer leer van hierdie stok perdjie.
Comment by Josef Steyn on March 31, 2018 at 10:01am

Allerlei opmerkings.

Ring flits. Leon, jy kan geruds een aanskaf. Ek gebruik myne dikwels vir paddastoeltjies en selfs insekte met goeie gevolg. Die intensiteite van die twee dele van die flits kan verstel word sodat 'n mens tog bietjie rigting aan die lig kan gee. Ek vind egter dat sy lig te hard is vir blomme.

Tegnologie bv. Photoshop: Ek vind dit nogal interessant dat daar weerstand is by baie mense teen die gebruik van die beskikbare sagteware (o.a. Photoshop). Ek sien egter nie klagtes oor die gebruik van tegnologie wanneer hardeware ter sprake is nie. (kameras met outomatiese ligmeting en afstandbepaling ens. nie). Ek sou reken dat as 'n mens konsekwent in jou redenasie wil wees jy ook net die 'manual' funksie op die kamera moet gebruik, self die lig meet met 'n eksterne ligmeter en met 'n afstandmeter die die afstand bepaal. Min mense doen dit egter.

Gebruik van Photohop. Baie van die bewerkings wat tans in Photoshop gedoen word was in die donkerkamer van gister beskikbaar. Die verskil is dat slegs die absolute kenners destyds in staat was om die verwerkings te doen. Tans is al daardie funksies vir almal met baie minder moeite op 'n digitale (ipv 'n chemiese manier) beskikbaar. 

Ek stem heelhartig saam met Hannes (en Leon) dat 'n mens moet poog om die beste moontlike beeld in-kamera vas te lê. As jy dit reggekry het is daar niks mee verkeerd om dit aan te pas om dit so na as moontlik aan lewensgetrou te kry nie. Mense gebruik verskeie programme (Lightroom, Picasa, Photoshop ens. ens.) maar om een of ander onverklaarbare rede word slegs Photoshop as die swartskaap uitgesonder.

Verkeerde manier van Photoshop gebruik.

Een ding waarmee ek saamstem is dat redigeerprogramme nie gebruik moet word om die kyker te mislei nie. Dit is in my boekie absoluut verbode.

Ek en Photoshop.

Ek gebruik beide Lightroom en Photoshop gereeld om die beste moontlike uitkoms vir my foto te bewerkstellig. Miskien kan iemand kommentaar daarop lewer oor hoekom dit verkeerd sou wees. (Ek moet egter van Leon verskil oor een saak. Jy kan nie 'n swak foto goed maak met enige van die redigeerprogramme nie.)

'n Finale opmerking om die hele saak moontlik in perspektief te stel:

150 jaar gelede was perdekarre en ossewaens die algemene vervoermiddels want dit is al wat beskikbaar was. Deesdae ry ons met motors wat toegerus is met 'n reeks tegnologiese katoeters wat verstommend is. Waarom hoor ek so min mense kla oor die gebruik van die verbeterde tegnologie as dit by vervoermiddels kom maar terselfdertyd hoor ek baie klagtes oor die gebruik van gevorderde sagteware as dit by die verwerking van foto's kom?

Finaal finaal. Ek val niemand aan nie (veral nie vir jou nie Hannes.) Ek gee maar net my siening oor die saak.

Comment by Hannes Claassens on March 31, 2018 at 8:00am

"ring flash" gee 'n plat lig, en die goeies is baie baie duur! Ek het een gekoop en die volgende dag weer verkoop. Maar dis elke persoon se keuse en hang seker af wat jy wil afneem. Ek hou baie meer van 'n lig van bo of van die kant af...en dan mooi ge"defuse" is.

Comment by Leon on March 31, 2018 at 6:26am

Klink goed,maar die "ring flashes" sal seker ok weesvir my gebruik.Ek het al gedink om so iets te kry??

Comment by Hannes Claassens on March 30, 2018 at 8:11pm

Hi Leon, dit is so...mense vat dit te vêr.

Wat ek geleer het ivm veld diepte is dat die "pro's" althyd van goeie beligting gebruik maak. Ek neem meeste van die tyd met 'n veld diepte van f22-f32 (soms bietjie minder) en met 'n vol stel verlenging buise, by daai tyd kom daar so min lig by die sensor uit dat goeie beligting noodsaaklik is. Makro (regte makro 1:1 of groter) gebruik jy altyd "manual" fokus so jou lens is 100%. Jou enigste probleem gaan beligting wees omdat hy bietjie kort is maar is maklik om te oorkom as jy net 'n flash het en 'n tuis gemaakte "reflector en defuser". Jy is welkom om my kontak as jy meer inligting nodig het....ek sal 'n paar fotos oplaai van my toerusting.

Comment by Leon on March 30, 2018 at 7:26am

Hannes Ja ek stem oom saam met jou.Vandat photoshop en sulje tipe programme bestaan kn enige iemand wat die tipe programme in dipte verstaan mos ook n "crappy" foto baie goed laat lyk.Ek is ook een van daai mense wat bitter min aan n foto wil doen en altyd streef om die foto reg te kry met die neem daarvan.Ek het al n paar makro's geneem en besit net n Sigma 70mm met manual fokus. Die fokus diepte is nogal n uitdaging soms as mens baie naby die "voorwerp" kom,want dan kn dit slegs n milimeter wees.Ek vergeet soms om op te hou asemhaal.Sal bietjie weer foto's plaas en san kyk ons of ek darem ok is.

Comment by Hannes Claassens on March 29, 2018 at 9:20pm

Haha...jy moet hulle bring dan wys ek jou hoe maklik werk hulle. As jy eers gesien het hoe naby jy kan kom aan die voorwerpe sal jy hulle nie weer afhaal nie!

Comment by Susan on March 29, 2018 at 8:37pm

Ai Hannes, ja dis vir my so verkeerd as die ouens dit doen. Nee ek gebruik net my makro lens, kom nie reg met die verlengbuise nie. Hulle is op die oomblik 'n wit oliefant in my kas.....

Comment by Hannes Claassens on March 29, 2018 at 2:22pm

Hi Susan, baie dankie! Ek sien deesdae so baie "makro" fotos op die internet van goggas se oë en gesigte, dis wel mooi fotos maar ek weet meeste van die goggas word vas gesteek iewers en hulle gebruik "photo stacking" om die hele ding in fokus te kry. Ek is seker daar is 'n plek vir hierdie tiepe foto's maar dis nie meer fotografie nie. Gebruik jy verlengbuise of vergroot filters op jou lens? Ek het in die begin  baie gesukkel met fokus en beligting, ek begin nou reg kom.

 

Members (65)

 
 
 

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html