Goeie dag .
Ek het 'n bietjie raad nodig asseblief .
Ek wil begin met Makro fotografie , maar ek is nog onseker oor watter lens/e om aan te skaf .
Ek het 'n Canon 650d kamera .
As enige iemand my dalk kan help of tips het sal ek baie dankbaar wees .
mbarnard98@yahoo.com

Baie dankie by voorbaat !

Views: 46

Replies to This Discussion

MARISA EK GEBRUIK N SIGMA 105MM,DINK DIS EEN VAN DIE BESTE EN HY IS DIE HELFTE VA DIE PRYS VAN DIE ANDER 

Baie dankie Oom ek waardeer dit , ek sal bietjie daarna gaan kyk

Marisa, ek ditto op die raad wat Jan vir jou gegee het

Ek stel voor jy stel jou vraag in die forum op die hoofblad. Daar gaan meer skolers dit sien en jy sal meer raad kry.

Baie dankie Tannie , ek maak so .
Waardeer dit .

Marisa, as jy kreatief wil wees koop vir jou 'n ring waarmee jy 'n 50 mm lens kan omdraai. Jy moet egter baie geduldig wees en fokus is krities. Hier is 'n voorbeeld van 'n spinnekop waarvan die lyf nie groter as 5mm was nie. Hier is ook 'n skakel sodat jy makliker 'n keuse kan maak. Ekself het die canon 100mm macro.   

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html