Graag wil ek hoor of iemand kan raad gee om 'n makro lens aan te skaf. Ek het 'n Nikon D3200. Ek kyk na 'n Nikon 40mm F2.8 Sal dit 'n gepaste lens wees.Ek het nie baie kennis met die tipe lense nie en sal grrag meer duidelikheid vir kry hoe die verskillend "focal length" n rol speel in die neem van veral naby fotos en ook ander.Hoor graag van julle fotoskolers.

Views: 85

Replies to This Discussion

Leon, as die 40mm wat jy oorweeg 'n 'micro' lens genoem word sal dit geskik wees vie makro werk, maar dit sal nie die ideale lens wees nie. As dit nie die beskrywing 'micro' by het nie sal dit nie die regte lens vir makrowerk wees nie. Die 'focal length' (in Afrikaans die 'brandpuntlengte') speel 'n groot rol. Hoe korter die brandpuntafstand, hoe wyer skiet die lens en hoe groter is sy velddiepte. Meestal is dit 'n negatiewe eienskap by makro want dikwels streef mens na 'n vlak velddiepte om die agtergrond te blur.

As jy graag wil makrofoto's neem is my aanbeveling dat jy eintlik slegs die Nikon 105mm f2.8 Micro lens met die beeldstabiliseringsfunksie behoort te oorweeg. Dit is 'n lens van uitstaande gehalte en alhoewel hy duur is, is hy elke sent werd. Ek self gebruik die soortgelyke lens van Canon en is baie tevrede. Hierdie lense (100mm, 105mm) word as die goudstandaard van makrolense beskou.

Ek hoop dit help bietjie met jou besluit. Laat weet as ek nog 'n inset kan lewer. Ek doen dit graag.

Dankie Josef.Dit help baie.Ek sal maar spaar of uitkyk vir 'n gebruikte lens by 'n goeie verskaffer.



Leon said:

Dankie Josef.Dit help baie.Ek sal maar spaar of uitkyk vir 'n gebruikte lens by 'n goeie verskaffer.

Naand weer Leon, omdat ek weet hoe duur daardie lense is en ek goeie kennis dra van 'n onvoldoende begroting sou ek aanbeveel dat jy ook na die vergrootglase kyk wat voor aan gewone lense geskroef kan word. Dit word ook 'diopters' genoem. Hulle is baie goedkoper en werk nie sleg nie. Dit gaan jou ten minste 'n geleentheid gee om makro te doen sonder dat jy te veel geld hoef uit te gee. Hulle is ook in verskillende sterktes te kry. Kyk gerus daarna.

As jy na 2de handse lense kyk kan jy gerus die vorige generasie lense kyk wat nie beeldstabilisering het nie.(Ek weet nie of Nikon so 'n lens gehad het nie) Ek het 'n Canon lens sonder beeldstabilisering gehad en dit toe verkoop om die nuwe lens met beeldstabilisering te koop. Ek dglo nie ek het veel gewen nie, indien enige, omdat ek in elk geval meeste van my makrofoto's met 'n driepoot neem. As Nikon sulke lense gehad het glo ek jy sal 'n 2de handse lens goedkoop kry en ek kan jou amper waarborg jy gaan baie goeie foto's daarmee neem. Hou my op hoogte. Ek sal egter vir 'n week nie beskikbaar wees om te reageer nie.

Joseph Ja en toe gaan ek teen jou raad en neem tog die goedkoper lens waarvan ek gepraat het,maar ek is glad nie spyt nie. Ek het al 'n paar "goeie" naby skote geneem.Wil net eers dit kleiner maak na Jpeg en sal dan een oplaai.Die lens is wel die vorige generasie Sigma 70mm F2.G ED DG Makro(sonder beeld stabiliseerder). Maar vir die prys van R1999-00 splinter nuut en vir my applikasie (slegs  amateur/entoesias) en wat ek al reeds gesien het wat hy kan doen is ek heel tevrede.Josef jy kan volgende keer reaksie op n foto gee.

Dankie Leon. Ek was nie negatief oor die lens nie. Ek wou net maar 'n paar punte vir oorweging uitlig. Ek het self begin met 'n 60 mm makro sonder beeldstabilisering en ek het hom foto's geneem wat ek nog nie kon herhaal met die 100 mm nie. Ek glo jy gaan die lens baie geniet en ek sien uit na jou foto's. Ek sal bietjie uitkyk vir hulle.

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html