Ons eerste opdrag is redelik maklik, maar dit kan ook moeilik wees :-)

Ons wil baie graag wegtrek met die versoek dat elkeen van julle drie van jou  foto's moet deel in hierdie groep. Hierdie foto's moet in jou opinie tegnies redelik goed wees. Baie mense is skrikkerig, maar moenie kommer of twyfel nie. Die idee is dat ons 'n lekker vertrekpunt kan kry om vanaf te werk. Onthou, ons doel hier gaan wees om jou te help om jou fotografie te verbeter!

Die foto's kan gelaai word as "Replies" op hierdie gesprek. Jy kan ook gerus bietjie agtergrond verskaf oor waarom die foto's jou gunstelinge is.

Doel van die oefening:

Ons wil mekaar bietjie leer ken, en ook sien dat almal gemaklik is met die laai van die foto's. Ons wil ook graag begin om saam met jou na jou foto's te kyk en voorstelle te maak ter verbetering van die foto's.

Nou ja, ons sien uit daarna...

Groete

Igno & Hennie

Views: 86

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html