Hi almal !  Ek soek bietjie raad asseblief.  Ek het 'n DX, m.a.w. 'n "crop sensor" kamera, en ek wil graag 'n "prime" lens koop.  Ek is egter onseker of ek die Nikon 35mm f1.8 of die Nikon 50mm f1.8 moet koop.  Ek neem nie eintlik "portraits" van mense nie.  Is daar dalk iemand hier wat ondervinding het van hierdie lense wat vir my kan raad gee, met redes, oor watter lens ek moet koop, of nie moet koop nie ?  Baie dankie by voorbaat !

Views: 92

Replies to This Discussion

Niekie Ek het ook die 50mm F1.8 en dit is 'n baie bekosbare lens wat baie goeie "potraits' kan neem en aangesien jy sê dat dit nie eintlik is wat jy gaan doen nie kan jy hom liewers kry as die 35mm wat sekerlik duurder gaan wees.Jy noem nie watter soort fotografie jy wil doen nie en dus is dit moeilik om verder kommentaar te gee. Sterkte met jou keuse,Ek sukkel ook om altyd 'n  besluit te neem want 'n mens weet nie of dit verkeerd gaan wees nie.

 

Hi Leon !  Dankie vir jou reaksie, maar dit lyk vir my iewers het iets deurmekaar geraak !  Jy sê dat die 50 mm baie geskik is vir "portraits", maar dan sê jy dat, aangesien ek NIE eintlik "portraits" neem nie, ek WEL die lens moet koop i.p.v. die 35 mm ?  Dit maak nie vir my so lekker sin nie ?

In elk geval, ek het toe wel vir my die 35mm f/1.8 DX lens gekoop, en ek is van mening dat dit, vir sy prys van R 3 495-00, die beste belegging is wat ek in 'n baie lang tyd gemaak het !  Dit is 'n fantastiese lens, ek haal hom amper nooit van my kamera af nie !  Ek kan hom ten sterkste aanbeveel !

Hallo Niekie. Ek het nie vroeer jou versoek vir raad gesien nie, maar ek is seker jou keuse van die 35 mm was reg. Ek het lank gelede een gekoop en min gebruik. Toe moes ek roomys afneem vir 'n spesifieke opdrag en siedaar, daar doen die 35 mm sy ding. Ek heg die resultaat aan.

Attachments:

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html