Views: 151

Attachments:

Replies to This Discussion

Ek moes die foto's kleiner maak om op Fotoskool te laai. Ek hoor graag waar ek op die foto's kan verbeter asb. Dankie vir julle tyd.

Hallo Charl

Wel daar is 'n paar goetertjies wat ek vinnig met my oog kan vang. Eerstens die foto met die fiets voor hulle, Die rok lings is bietjie afgesny en die fiets se wiele is ook afgesny ek sal dalk probeer het om die hele rok in foto te kry.

A 8 Wat my oog nogals baie by hom vang die die blou bottel wat regs agter staan. Kan die foto dalk van ander hoek af geneem het om daai uit te skakel.

a 22 Is baie mooi foto is net die kroon bo wat afgesny is wat bietjie pla verder is dit baie mooi.

A A 3 B Is 'n mooi foto, maar ek sal dalk bietjie ander agtergrond gekies het met die gordyne wat regs hang en die deur aan die linkerkant trek bietjie ook my aandag af.

Verder is jou foto's baie mooi hou so aan.

Lekker dag

Hi Charl, moet basies met Albert saamstem maar wil so ietsie byvoeg omtrent a22. Vir `n goeie portret foto moet die "oge" nie waterpas wees nie maar met `n effense helling. Die foto is direk van voor geneem, tewyl `n skuins skouer en `n effense profiel beter resultate gee. Beligting vanaf die kant, met skadu van die neus sal ook meer diepte aan die gesig gee.

Besef dit is nie `n ateljee foto nie maar as jy jou flits kan weerkaats teen `n muur of plafon sal die resultaat dalk beter wees.

Groetnis

Fred

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html