Hi julle.

Ek is besig om  weer na my pakkette te kyk, en wil weet of julle vir die kliente vooraf se hoeveel fotos hulle op cd gaan kry? Hoe beinvloed die hoeveelheid gaste die hoeveelheid fotos?

Dan wil ek ook weet wanneer is die beste tyd om die gaste af te neem by die onthaal? 'n Klient is nou ontsteld omdat sy 3 maande na die troue agterkom dat haar ma se oom nie op die fotos is nie. Ek het die tafels net na die hoofmaaltyd afgeneem en hy het blykbaar net daarna huistoe gegaan. Natuurlik kan ek nou niks daaraan doen nie, maar sy maak die wereld vir my goed warm, om dit lig te stel.

Enige raad is asseblief baie welkom.

Views: 91

Replies to This Discussion

Hi Beanka,

Ek en my man het so 'n maand terug getrou. Ons het dit die beste gevind om die tafel foto's te laat neem terwyl ons ons foto's neem. Dit hou dan ook die gaste besig. Hul het direk na die kerk diens na die onthaalsaal gegaan vir 'n kelkie. Die tafelplasings was daar naby en die afkondiging van die tafel fotos is direk na die diens deur die dominee gedoen, sodat almal bewus is van die foto's. Ek het nie 2 fotograwe gehad nie en het my Niggie, wat ook verksriklike mooi foto's neem, gevra om die tafel foto's te neem.

Ek hoop dit help. Dit het vir ons goed uitgewerk.

Groete,

Lindi

Hallo Beanka 

Janee 'n klient is maar parykeer 'n moeilike ding!

Ek het gewoonlik voor 'n trou 'n vorm wat die bruid of bruidegom invul wat alles op is en een van die vra is Spesiale foto's Bv. ouma, oupa, ma en pa daai stuff. Hoop dit help.

Ek sit by my pakkette by die hoeveelheid foto's op 'n cd hang ook af hvl gaste daar is of hoe groot die beenkoms is hvl foto's jy kan neem. Dit hang gewoonlik af die hoeveelheid ure wat ek foto's neem bepaal die hoeveelheid foto's op 'n cd.

Groete

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html