Ek hoor graag van die experts hoe kan ek die foto verbeter asb

Views: 127

Replies to This Discussion

Hi Mara

Jy het 'n interessante idee hier beet met die foto en die sepia gee 'n lekker outydse gevoel aan die foto.

Vir my is die agtergrond net te besig. Let ook op na die pale wat hier agter die bruid uitsteek en die boom agter die bruidegom wat steurend is. Mens moet maar versigtig wees met jou agtergrond wat eindelik die foto moet komplimenteer. Die goue reel is maar eenvoudige agtergronde

Jou idee met die blomme as enigste kleur kan werk, maar jy het net die kleur oorversadig. So effense sepiarige rooi kon dalk goed gewerk het hier.

Wees ook versigtig vir oorbeligting op die bruidspaar self, veral die gesigte. So iets werk maar net met 'n high key foto

Groete

baie danki Charles x

Moet met Charles saamstem. Wat my die meeste pla van die foto, ten spyte van die plus punte, is die totale gebrek aan detail in die bruid se rok a.g.v. oorbeligting.

dankie!

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html