Hallo vrinne...  die winter is nou amptelik iets van die verlede... die somer is gewoonlik mooi en groen en... maar ai... ek is 'n wintermens... Afrika is op sy mooiste vir my as die gras geel is, en die bome se blare nog groen is...

maar as die veld heeltemal vaal raak.. diep winter toe... dan moet 'n mens mooi kyk,  soos bv hierdie boombas.. daar is nog altyd iets te siene

 

kyk maar mooi en stap om die boom... die kamoeflering in die natuur is ongelooflik effektief..   met hoeveel sukses sou 'n groot roofvoël/enige roofvoël dan nou kan jag as hulle almal dalk soos byevreters sou gelyk het, veral as hulle nog stadige vlieërs is?

 

en hier sit en slaap die skopsuiltjie...perfek weggesteek, maar met die omstap om die boom, het sy profile hom verraai... gebruik die luglyn en soek vir die ongewone..

 

Ek hou baie van die winter,   want winter is mos jagtyd !!!

So geliefdes...... vat jou kamera en gaan jag !!  Ons kan baie lekker jag.. dag en nag, winter en somer, sonder lisensie.. met lisensie die hele aardbol vol..

 

Groete en weersiens terwyl ons dan nou so lekker saamkliek..

Views: 133

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html