Wat ek gaan probeer doen is om 'n foto per dag of per week te pos met die nodige detail vir kritiek - so hier gaan ons:

 

Foto 1: African spoonbill. Nikon D3s, 600mmf2.8, 1/4000, exposure = 0, ISO800, f5.0.

Ek het die foto vanaf 'n oop safari motor in Duba Plains in Botswana geneem. Dit was  die oggend bevolk en daar was baie voël lewe rondom ons gewees. 'n Groep lepelaars het besluit om op te styg - gelukkig het ons die aksie verwag en was voorbereid. Ek het die foto verlede maand by ons kamera klub voorgelê en dit het goed gedoen.

Views: 993

Replies to This Discussion

Comment by Willem Krugerjust now           Delete Comment

Foto 2:

Nikon D3s, 600mmf4 fix lens, f4.0, 1/800, ISO400, Aperture priority, Exposure = -0.67, distance from subject about 11meters. Die foto van myself op die mentorskap program se website. Hierdie is die beauty van die Kgalagadi. Vier jagluiperds het reg langs die pad gelê en die springbokke in die verte vervelig aangekyk. Ons was slegs vier voertuie vir omtrent 1h by hulle geparkeer. Dit is hoekom ek gehook is op die Kgalagadi - mooi, skoon, oop met min verkeer. Al is die paaie nie altyd so lekker glad nie. Inteendeel, dit kan goed ge-sinkplaat wees.

Foto 3:

 

Nikon D3s, 600mmf4 fix zoom, ISO400, f9.0, 1/2500, distance to subject = about 15m. Die foto het ek in Mokala Nasionale park net buite Kimberley geneem. Ek het die twee gesien goggas vang en nes toe vat. Gewoonlik het die voëls dan 'n spesifieke patroon en spesifiek takke waarop hulle gaan sit. 'n Mens hoef dan net geduldig te sit en wag met jou kamera gefokus op een van die takke. Ek het daardie Sondagoggend ongeveer 1h daar gesit en amper oor die 100 fotos van hulle geneem.

Wow ! Pragtige foto's, mens kan sommer ondervinding , kennis en n passie vir fotografie in jou foto's sien.

Baie dankie Willem dat jy alles met ons deel, veral ons groentjies!

Foto 4:

Nikon D3s, 600mmf4 fix zoom, ISO400, f9.0, 1/2000, die res is dieselfde as vorige foto aangesien ek nogsteeds op dieselfde plek gestaan het en my fokus was steeds op die takkie. SOmmer 'tweede foto by - net om te wys hoe voorspelbaar die voëltjie is wanneer dit by broei en voertyd kom.

Hi Cecelia, dankie vir die kompliment, maar nee wat jong - ek is maar self 'n groentjie wat nou eers ongeveer 18 maande besig is met fotografie. Harde werk en geduld is egter die wagwoorde. 

Foto 5:

 

Nikon D3s, 600mmf4.0 fixed zoom & 1.4 convertor (850mm), f8.0, 1/4000, exposure = -1, ISO800, distance from subject 30m. 'n Bietjie makro fotografie met 'n "lang" lens. Ons was op 'n fotografie boot op die Chobe riveir in Botswana toe die mot by die water lelie kos kom soek. Dit was nogal 'n moeilike shot om alles in fokus te kry - die boot wat wieg en die mot wat vlieg. Tog is ek trots op wat ek onder die omstandighede vermag het.

Puik Willem baie baie goed gedoen

Foto 6: After dinner. Dieselfde kamera stelling as "Coming for dinner" behalwe die shutter speed - was 1/3200. Nie so lekker skerp foto nie - miskien was die omstandighede net te moeilik vir my as 'n beginner. Nevertheless, ek is meer as tevrede met die uitkoms. Was 'n leer kurwe vir my - wees altyd gereed om te skiet. Moet nie wag vir die aksie nie, dan is dit te laat. Anticipate the action and you'll get the shot.

Baie mooi Willem.

Foto 7:

 

Nikon D700, 600mmf4.0 fixed zoom, ISO800, exposure = -0.33, f8.0, 1/3200, distance from subject = 63metres. Foto geneem by Giants Castle gedurende 'n bewolkte dag. Ons eertse besoek aan Giants Castle en sekerlik nie ons laaste nie. O ja, ek skiet omtrent al my fotos op Aperture priotity.

Mooi

Wow! fantasties, Willem jy's bevoorreg om op die regte tyd op die regte plek te wees :)

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html